Back to Coming Soon

UITGELEWER deur Ria Richards

R159.00

Skrywer:  Ria Richards

Wanneer die 16-jarige Elsina se ma sterf kom sy voor baie uitdagings te staan. ’n Bababoetie en twee jonger susters het ’n opvoeding en leiding nodig. Haar onbetrokke pa se oplossing lewer hulle uit aan die hande van ’n monster.

Sal hy tot sy sinne kom voor dit te laat is?

 

Ria Richards woon in Gauteng aan die Oos Rand en is al sedert 1975 getroud met Jerry. Hulle het vyf kinders en ’n klompie kleinkinders vir wie sy almal baie lief is. Sy is ’n tuisteskepper en hou van mense. Sy het nie, soos die meeste skrywers, die een of ander universiteitsgraad nie. Sy kry haar inspirasie deur te luister na stories uit mense se verlede en alledaagse insidente. Daar het ook reeds vyf ander boeke uit haar pen die lig gesien, nl. Maanligliefde, Liefdesvrug uit die paradys, ’n Knippie Liefde, Liefde met permissie en Vier magiese woorde.

 

Email
SKU: 9781928350644 Category: Tags: , ,