Back to Coming Soon

UITERS GEHEIM & ANDER ANEKDOTE deur Kobus de Villiers

Uiters Geheim en ander Anekdote:

 

Elke seun wil op een of ander stadium ʼn brandweerman, vlieënier, Rugby Springbok of renjaer word. Baie selde word die drome bewaarheid.

In die laat sestigs is Rusland en Amerika in die ruimtewedloop en daar stap ʼn man op die maan. Dit is die Koue Oorlog en nuwe vliegtuie en ruimtetuie word ontwikkel. ʼn Kaalvoet seun in die Vrystaatse myndorp, Welkom volg elke stap in die nuus en wil vir NASA en Boeing werk maar ook ʼn renjaer word. Met ʼn draagbare radio wat hy self ombou kan hy luister na die gesprekke tussen Houston en die ruimtemanne. Sy kamermure is beplak met prente van renmotors, vliegtuie en ʼn kaart van die maan gemerk met moontlike landingsplekke. Hy leef in sy komplekse verbeeldingswêreld, maak sketse en teken planne van vuurpylenjins en vliegtuigvlerke. Hy bou ʼn vuurpylenjin wat hy aan die loop kry op die trekker se kragparafien. Hy leer ook gou dat Suid Afrika se onaanvaarbare politiek dit nog meer onmoontlik maak vir ʼn Vrystaatse plaasseun om dié drome te kan beleef.

Hy gaan skool by Welkom Volkskool en Goudveld Hoërskool. Doen sy diensplig in 6 SAI en 2 SAI en studeer Ingenieurswese by Tukkies. Hy begin werk in Suid Afrika se jong lugvaart industrie en sy eindelose verbeelding lei daartoe dat hy die geleentheid kry om in die buiteland te gaan studeer en werk.

Dié storie is ʼn versameling anekdote van hierdie epiese reis vanaf die stowwerige gruispaaie van die Vrystaat tot die Autobahn na Stuttgart, die Golden State Freeway verby Caltech se Jet Propulsion Lab kampus en nuwe ontdekkings van vreemde plekke en nuwe tegnologieë. Hy woon en/of werk in Italië, Duitsland, Frankryk, Peru, Israel, Pakistan, Maleisieë, Singapore, Japan en die Emirate. In Rusland woon en werk sy span in Leonid Brezhnev se Dacha op een van die mees ongelooflike lugvaart samewerkingsprojekte. Daarna is hy in Kanada en die VSA en neem deel aan nuwe baanbrekers besoedelingsvrye tegnologie en ander lugvaartprojekte. Iewers langs die pad ontmoet hy ook ʼn ongelooflike mooi en slim Franse meisie. Projeksekerheid se mense is oortuig sy werk vir die Franse geheime diens. Weens die geheimhouding van dié soort werk het familie en vriende geen werklike idee van wat hy gedoen het nie. Nou dat alles lank gelede gebeur het en voor die herinneringe verlore gaan moet hy sy stories vertel. Sy versameling anekdote van vreemde lande en gebeure, ervarings en selfontdekking.

Dit is ʼn lang en ongelooflike pad van Welkom in die Vrystaat tot by Einstein se kantoor…

 

Wholesalers and book stores press here...

 

 

Email