Back to Humour

Tweesprake vir Eisteddfods

R149.00

Skrywer: Helene Visagie

 

Uiteindelik! Die skatkis aan die einde van die Eisteddfod-reënboog! Tussen hierdie 27 humoristiese tweesprake kan jy kus en keur om enige beoordelaar te beïndruk.

Wat elke tweespraak baie spesiaal maak, is dat dit ten volle geblokkeer (“plot”) is en ook oor ’n paar wenke beskik oor waarna om op te let of slaggate wat vermy moet word. Die speelarea is skematies voorgestel en die bewegings met letters aangedui. Elke mamma, juffrou of toneelliefhebber kan nou ’n professionele werk lewer.

Die bonus is beslis die 4 gedramatiseerde prosas wat ingesluit is. Alhoewel daar baie uitstekende prosas beskikbaar is, is die blokkering daarvan meestal problematies en hier het jy die hele pakket!

Humor is die lewensgeur waarmee ons die frank van seer uittrek, die bitter van teleurstelling verbloem en die suur van alleenheid versoet. Met hierdie humoristiese werke is leerders nie meer slegs tot die Eisteddfod-sale gedoem nie, maar kan hul die vreugde ervaar om mense te vermaak en te laat lag by ouetehuise, damestees en selfs boereverenigings.

 

Wholesalers and book stores press here...
Email