Back to Academic

Teken en Sketswerk vir beginners – Handleiding en Grondbeginsels

R289.00

Author: Daan van Noordwyk

 

JY KÁN EN SÁL TEKEN, WANT JY WÍL!

Leer om te teken was nog nooit makliker as met Teken en Sketswerk vir beginners – Handleiding en Grondbeginsels, nie.

Skrywer en kunstenaar Daan van Noordwyk se boodskap is baie duidelik: ALMAL KÁN EN SÁL TEKEN, WANT HUL WÍL TEKEN, nadat hy hulle sistematies met sy jare lange ondervinding begelei en onderrig om die mees basiese en praktiese vaardighede en tegnieke van skets en tekenwerk te bemeester.

Die boek:

  • voorsien ’n ideale, insiggewende en leersame beginpunt vir alle nuwe kunstenaars
  • bied ’n vars, kreatiewe en inspirerende oorsig vir gevorderde kunstenaars
  • wys jou hoé jy die ontdekking en ontginning van die plesier van tekenwerk met uitgebreide, verstaanbare stap-vir-stap tegnieke en metodes kan bemeester
  • ontbloot verstaanbare hulpmiddels om dit wat jy waarneem effektief te kan neerpen om ’n realistiese tekening te skep(teken wat jy sien)
  • inspireer jou met sistematiese motivering om jou teken kreatiwiteit ’n hupstoot te gee met behulp van praktiese oefeninge
  • deel leersame hulpbronne ten opsigte van: tekengereedskap en materiaal, vorms, maniere van teken, ontdek jou eie styl, lig/donker/skaduwees, illusie van diepte/teksture, praktiese raad en geheimpies, inspirasie, die muse en doeltreffende brein vaardighede.

Begin vandag nog jou reis na ’n vervulde teken ervaring en verander jouself van daardie “stok mannetjie denkwyse” tot ’n selftevrede kunstenaar.

 

Wholesalers and book stores press here...
Email