Back to Coming Soon

STRUISBAAI TOE deur Vincent Charles Bastiaan

R189.00

Skrywer:  Vincent Charles Bastiaan

Struisbaai Toe, gaan oor `n messelaar, Aaron October, wat op 29 – jarige ouderdom van sy ouerhuis in Bredasdorp na Struisbaai wegloop om `n visserman te word.  Na `n stryery en amper bakleiery met sy oudste broer, Sêm – voor hulle ma – besluit hy dis genoeg en loop die volgende oggend baie vroeg weg.  Op pad Struisbaai toe gaan soek hy koffie by `n plaashuisie nadat hy rook uit die skoorsteen sien trek het.  Daar ontmoet hy vir Pop en Sofie Mintoor.

Na `n kort romanse tree hy met Sofie in die huwelik.  Sy was egter in `n ongewensde verhouding met Christo Toerien – Kitoe – `n uitsmyter en geweldenaar.  Dit lei tot groot probleme vir Aaron en uiteindelik tot `n geveg tussen twee groot en sterk manne.

Daar is ook skaapstelery en die uitsetting van visser-manne uit hul huise ter sprake, asook die onnatuurlike dood van Pop se geheime minnaar.  `n Lekker Overbergstorie oor die wel en wee van vissermanne, plaaswerkers en dorpsjapies.

Email
SKU: 9781928350729 Category: Tags: , ,