Back to Poetry

SPATSELS UIT MY LEWE deur Paula Paxton

R195.00

Elke tree in my lewe, het eers begin met die wete dat ek alleen die pad moes baan, maar met verloop van tyd besef ek dat elke hartseer en blydskap op my lewenspad gedeel is met my Skepper en Heer. Hy het my opgetel en groot wysheid geleer. So is elke gedig in hierdie bundel, n spatsel uit my lewe. My hart en my siel is verweef in elke woord.
Paula Paxton (nee Mitchell) gebore 18 Maart 1974 in Krugersdorp in die Wes Rand. Ek word groot in Rand­fontein, ‘n myndorpie net duskant Krugersdorp. In my volwasse lewe verhuis ek na die mooie Natal met my eerste man, maar na n hartseer egskeiding vestig ek weer my wortels in Randfontein. Ek het twee pragtige, uitdagende kinders, Herman en Marli Fourie wat my lewe versier. Tans weer getroud met Karel Nico­laas Paxton en my lewe is een fees. Van tienerdae af verdraai ek my hartseer en vreugde in gedigte. Ek put genot daaruit om die lirieke van my hart op papier neer te pen.

Email
Categories: ,