SELFSPRAAK deur Karin Nieuwoudt

R159.00

Hierdie bundel is, soos die titel aandui, intieme en hartgegronde gedagtes wat vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel word. Dit is blatant eerlik en weerspieel die diepste emosionele behoeftes en subjektiewe ervaringe van vroue.
Emosionele worstelstryd asook die sielkundige verwerking van traumatiese gebeure word in die bundel behandel en perspektiewe op gebeure in die breer publiek. Die leser kan verwag om op emosionele vlak meegesleur te word.

 

Karin is ‘n Sielkunde Tutor (Volwasse Ontwikkeling) vir die Departement Sielkunde by die Universiteit van Suid-Afrika en het in 2008 haar BA (Hons) graad in Sielkunde aan dieselfde universiteit behaal.
Sy is passievol oor musiek en sing sedert 2010 in die Con Spirito Filharmoniese Koor wat op gereelde basis in ‘n verskeidenheid van auditoriums in die Noordelike Voorstede van Kaapstad saam met wereldstandaard soliste optree. Verder is sy mamma vir Ruben, ‘n eggenote vir Jacques, ‘n Senior Sagteware lngenieur vir ‘n internasionale maatskappy. Hierdie is haar eerste digbundel.

Email