Back to Adventure

PADLANGS deur Swerwer

“SWERWER” belee ʼn prominente posisie in die Suid-Afrikaanse samelewing en verkies dus dat die publikasie onder die skuilnaam “Swerwer” uitgegee word.

Die skrywer het vir baie jare, as gevolg van sy werk, ʼn swerwersbestaan gevoer en in die alledaagse handel en wandel met baie mense in aanraking gekom. Daar het baie situasies en voorvalle oor sy pad gekom wat hy graag met lesers wil deel en wel by wyse van hierdie kortverhale. Baie van die verhale kom uit eie ondervinding waarin ‘n gesonde verstand en ʼn vrugbare verbeelding ook ʼn baie groot rol speel.

Waar verhale ware situasies en gebeure beskryf, is die name van persone en plekke dan ook uiteraard fiktief en op geen wyse het enige naam wat gebruik word hoegenaamd enige verwysing na, of toepasssing op enige ander persoon of plek wat toevallig dieselfde naam mag dra nie, aangesien dit bloot toevallige gebruik van ʼn bestaande naam sal wees.

Die hoofkarakter is ʼn persoon met die naam “STOFFEL” en die verhale word soms in eerste persoon en soms in derde persoon vertel, om geen ander rede as om bietjie afwisseling te verskaf nie. Die skrywer poog om verhale beskrywend, tog nie vulgêr of aanstootlik aan sy lesers oor te dra nie. Elke verhaal bevat dan ook ʼn agtergrond storie, sodat die leser hom- of haarself in die toneel kan plaas en dan saamleef in die verhaal. Dit is nie net ʼn klakkelose beskrywing van die “daad” nie.

“SWERWER” deel in hierdie publikasie ʼn aantal kortverhale waarmee hy graag ʼn groot aantal lesers wil bereik wat aanklank gevind het by gewilde erotiese publikasies soos “BLOOTS”, “SKARLAKEN KOORS” en “FIFTY SHADES OF GREY”. As gevolg van die groot belangstelling en navrae wat die skrywer op sosiale forums soos Facebook, Twitter en ander gevolg het, blyk dit asof daar wel tog ʼn plek vir hierdie tipe “stout” verhale bestaan, wat die leser aan die dink sit en party mense se saai lewens ʼn hupstoot in die regte rigting kan gee!

Die skrywer het jare gelede vir die eerste keer met hygromanse en/of erotiese verhale te doen gekry, toe hy sy oë op tydskrifte soos ‘PLAYBOY’, ‘PENTHOUSE’ of selfs ‘LOSLYF’ kon slaan. Tog was dit nie die naakte fotos wat sy andag getrek het nie, maar wel die erotiese verhale wat daarin verskyn het. Deur die jare het die skrywer self sy hand aan ʼn paar verhale gewaag, maar nooit daaraan gedink om dit te publiseer nie.

Email
Categories: ,