Back to Travel

Pa”reis”. Die reis joernaal met je ne sais quoi.

R139.00

Skrywer:  Nadia Lamprecht

Ah, Parys. Bèèldskone Parys, stad van die liefde. Die ‘muse’ vir kunstenaars, ‘wannabe’s’ en ‘Asian Wedding Magazines.’ Die miljoen ‘dollar’ vraag is egter – hoe oorleef mens ‘n jaar in Parys? Kom ek gee jou die ‘breakdown,’ die ‘step-by-step.’ Reël 1. Moenie Engels praat nie, Reël 2. Moet GLAD nie Engels praat nie, Reël 3. Wees eerder net Frans, en dan natuurlik… Lewensles #43, moenie aan vreemde Franse se agterdeure ruk nie! Een van die vele dinge wat mens leer wanneer jy hulle land aandurf. ‘n Jaar se e-mails en nuus, ‘trials en errors,’  reiservaringe en honger-ly, voorstelle en raad, die Franse se giere en geite, die haat van Engels en Starbucks, als hier in een joernaal – die reisjoernaal met je ne sais quoi.

Wholesalers and book stores press here...

 

Email