Back to Fiction

Oktoberkind

R139.00

Skrywer: Magdalie Grobler

 

Ek onthou ’n spesiale sonsondergang, een waar die son aan die horison raak – die water ontmoet – soos ’n verliefde se eerste aanraking. Ek onthou die volmaakte afsluiting van daardie dag.

Dit is digkuns!

Dit is die skep van blywende beelde deur woorde en regdeur die proses moet jy jouself in die woorde verloor en nog steeds antwoorde kry; lei jy die leser deur die kompleksiteit van jou siel en wees ’n baken van hoop vir die wat die antwoord tot hul ware wese soek.

Elke gedig is soos ’n hergeboorte en deur elke hergeboorte kry jy meer kennis van jou sterkpunte en swakhede. Sodra perfeksie bereik is, begin die proses van vooraf; ’n voortsetting van die lewe deur die woorde en die siel van ’n digter.

Digkuns is nie ’n vaardigheid wat jy aanleer deur lees of liefde vir die kuns nie. Dit is nie iets wat iemand vir ander kan leer wat nie die kuns geniet nie. Dit is iets diep en betekenisvol en kan net met die hart gevoel word. Om digkuns te geniet is soos om ’n geleerde sielkundige te wees wat tussen die lyne kan lees om die ware emosies agter die fasade van woorde te herken…

 

Kyk na Oktoberkind se Facebook...

 

Wholesalers and book stores press here...

 

Email