Back to Religion

Offerspore

R149.00

Skrywer: Ina Labuschagne

Wat doen jy as die verlies van ’n geliefde jou verpletter? Die emosionele pyn en trauma wat daarmee saamgaan, kan jou geestelik én liggaamlik uitmergel en wreed ontwortel. Geen mens is hierteen immuun nie; trouens hieruit is daar geen ontsnaproete vir iemand wat dié pyn beleef nie. Net so is daar geen kortpad of roetekaart vir rou nie. Dis ’n lang, eensame proses, inderdaad ’n offerpad wat jy man-alleen enduit moet stap.

 

OFFERSPORE is die ideale geskenk vir jouself (of ’n vriend/vriendin) wat mens kan help op hierdie veeleisende pad na herstel en genesing. Die gedigte in OFFERSPORE beslaan ’n wye spektrum van die digter se worstelstryd met die sin van dood en verlies én die emosionele impak daarvan, waarvoor ’n mens nooit hiér antwoorde kry nie, maar hopelik dieper insig en ’n meer volwasse perspektief verwerf, nl. om te berus in God se wil vir jou lewe in sy Groot Raadsplan.

 

Die gedigte verskil in vele opsigte van mekaar, maar het één gemeenskaplike sentrale tema: die dood en verlies van ’n geliefde eis ’n offer en dwing jou om jou offerpad na aanvaarding enduit te stap in jou soeke na die sin daarvan.

 

Omdat ek die rou wonde en vereelte letsels van die harde realiteit van die emosionele pyn van dood en verlies aan my eie lyf dra, kyk ek nou deur ’n unieke lens na die wêreld om my. Waar ek dikwels afsydig gestaan het teenoor die emosionele impak van verlies, pyn en trauma, kyk ek nou ná my emosionele ontlading in verskeie gedigte in OFFERSPORE, met ander oë daarna.  En die gedigte in OFFERSPORE kan dieselfde vir jou doen.

 

OFFERSPORE dring jou om betrokke te raak by mense se emosionele pyn en trauma en Jesus se liefdesboodskap uit te dra.  Dood en verlies is nie die einde van die pad nie. Die lewe gaan voort en ’n vaste vertroue in die Hoër Hand bring weer hoop en gee jou krag om aan te gaan sónder jou geliefdes. Met GELOOF, HOOP en LIEFDE kan jy jou seer op jou pelgrimspad hanteer.

 

Wholesalers and book stores press here...
Email