Back to Fiction

My Tieroog

R99.00

Skrywer: Alta Geldenhuys

 

‘n Oorsese lugvaartmaatskappy slurp ‘n hoogs vaardige vlieënier op uit Suid-Afrika. Bernard Oelafsen vertrek met ‘n twee jaar kontrak met die verstande dat sy nooi hom sal volg sodra hy vir haar verblyf kan reël.

Hy skryf die eerste aand vir haar waarin hy wonder of die loopbaan hul skeiding werd is. Na drie weke waarin hy angstig op ‘n antwoord wag, bel hy sy ma; hulle is immers bure! Van haar moet hy verneem dat sy geen idee het waar Heike haar bevind nie. Iets is vir hom uiters ongerymd. Hy kan glad nie verklaar waarom sy nooi nie reageer nie. Hy hou aanskryf, sonder terugvoer.

Hierna gooi hy hom kniediep in sy loopbaan aangesien niks hom meer tuis trek nie, salig onbewus van die drama wat plaaslik afspeel.

Die poppe begin egter dans toe hy na 5 jaar besluit om te kom uitvind wat van Heike geword het.

 

Wholesalers and book stores press here...
Email