MY PAD SAAM MET GREGORY deur Rika de Jager

R189.00

Skrywer: Rika de Jager

Op 23 jarige ouderdom moes Gregory sy lewenslange stryd teen ‘n lewens-bedreigende siekte, Osteopetrose, gewonne gee. Die Here het vir hom ‘n buitengewone positiewe gees gegee wat hy daafliks uitgeleef het, ten spyte van baie teleurstellings en terugslae.  In die 23 jaar van sy lewe moes hy 40 operasies ondergaan, maar hy het gekies om elke dag verby sy eie uitdagings te kyk en die lewe voluit te lewe en alles te benut wat die Here vir hom gegee het.  Sy lewe het ons gesin en die mense rondom hom se lewens verryk en hy het my as ma, soveel lewenslesse geleer dat ek graag sy lewe wou deel om ook sodoende ander te boemoedig wat deur moeilike omstandighede moet worstel.

Email