In die skadu van die galg

R189.00

britssss

 

Ek het u boek nou al twee keer deurgelees.  Ek is woordeloos. Dis vir my ondenkbaar om daardie tipe opofferings te maak dag na dag en uself in gevaar te stel dag na dag om reg en geregtigheid te laat geskied.
Wat vir my soveel erger is, is dat dit nie deur die land waardeer en vereer word nie, dis sommer maar net verby en al die standaarde is sommer maar net vergete……… ondenkbaar.
U boek is uitstekend, wel dis aaklige goed, maar dis treffend en boeiend en ontstellend en so goed dat mens jou werklik kan inleef in die detail.
Veral die nagtelike “klop jagte” ens.  hoe doen ‘n mens dit week na week?  Dis so goed beskryf in die boek, dat ek amper die huis kan ruik wanneer jul ‘n deur oop skop om iemand te verras en in hegtenis te neem.
Die saak van Eric wat afgekom het Kaap toe na sy broer hulle toe en toe die moord gepleeg het, wat gevonnis is en wat u gese het dat u nie rook in die motor toelaat nie, maar hom daardie dag jammer gekry het, sjoe dit was erg ontstellend, ek kan my nie indunk om nog met al daardie emosies ook te cope nie, en dus iets wat nooit genoem word en bewonder word of geprys word nie, dis sommer maar net in die agtergrond, maar dis so ‘n enorme deel van die taak.
Ek kan aanhou vir ure en ure oor die boek en sake.  Dis ‘n uitstekende boek, die “by name” wat in die boek gebruik word is vreeslik snaaks, die boek het werklik ‘n “werklike” gevoel.  Ek kan nie wag vir die volgende boek nie, en hoop dat die verkope al baie opgetel het, dit is absoluut ‘n moet lees, dis ‘n deel van ons land se geskiedenis wat nie verlore moet gaan nie.
U en u vrou is bewonderingswaardig (as daar ‘n beter woord was het ek dit gebruik).
Ek hoop werklik die “movie” word ook ‘n realiteit en ek stel steeds vreeslik belang om daarby betrokke te raak.
Ek sal graag weer met u en u vrou wil gesels een of ander tyd indien u tyd dit enigsins toelaat.
Sterkte met die volgende boek, ek kan nie wag nie.

…Olive

Skrywer: Brigadier Fanie Brits

(LET WEL: DAAR IS `N OUDERDOMSBEPERKING VAN 13 OP HIERDIE BOEK)

Stap saam met die skrywer, van puberteit tot aftrede, hoe hy met uiters geharde kriminele en slagoffers van geweld, ‘n lewenswyse van ‘n geharde speurder moes handhaaf, maar tog met deernis die slagoffers bystaan.

Lees en sien ontstellende foto’s van laakbare dade, gepleeg deur mense met geen gewete.   Hoe ‘n Vader sy dogtertjie doodslaan en dan keel afsny, hoe ‘n seun sy ouers vermoor, hoe moord en roof die enigste uitweg is vir hierdie mense wat self slagoffers is van hulle eie afhanklikheid van dwelms en ander middels, die uiteinde?  – ‘n Doodslasbrief!

Lees hoe die skrywer se deursettingsvermoë gelei het tot fenomenale suksesvolle vervolgings.   Volg hom deur sy loopbaan, hoe hy sy front as speurder moes hou maar terselfdertyd Vader, Eggenoot en kerkman moes wees.

Ry saam op sy wipplank van emosies wat die skrywer beleef het, hoe hy staande gebly het bloot deur sy geloof in God en met sy vrou en kinders aan sy sy, in die dae voordat ‘berading en ontlonting’ ‘n modewoord geword het.

Dit is te verstane dat dit wat geboekstaaf is, slegs ‘n gedeelte van sy ervaringe is en dat hy baie daarvan graag wil vergeet en ander koester.

 

Wholesalers and book stores press here...

Email