Back to Fiction

IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND deur Frans Calitz

R149.00

Bones tree vorentoe en in vlot Afrikaans: “As jy skree, gooi ons jou fokken tong vir die honde,draai jou gat, the liberation has begun .”Tjaka voel die pankop se hande oor sy rug, die klam sweterige warm vleis teen sy agterstewe en wag vir die pyn waarvan die gevangenes in Pollsmoor hom vertel het, Hy wil skree, maar blaas soos een van die geelslange tussen die riete van die Doringrivier. “Now be a good boy,” hoor Tjaka die pankop se stem en voel die warm pis teen sy bene af .

Die pankop se asem is hortend in Tjaka se ore, die vingergrepe krampagtig om sy skouerknoppe. Tjaka beur orent, maar Bones hou en daar is niks wat hy kan doen nie.

Vir ‘n oomblik wonder hy of hy dalk droom, maar die pyn in sy lyf en die gille uit die pankop se keel laat nie ruimte vir illusies nie .

Gedurende die nag reen dit swaar, druppels ploffend op die dak, elke geluid dof en doods inTjakaseore .Hy trek sy knieë teen sy lyf op en die kombers oor sy kop .Uitgelewer aan die genade van ‘n primitiewe kontinent hy daar, soos ‘n fetus sonder baarmoeder, die naderende dood onafwendbaar. Sluiers van donkerheid dans voor sy oë. Sy lyf pyn en hy voel die bloed aan sy onderlyf. Iewers baie naby klink gille op, pynlike krete van ‘n vrou in nood . Die vrou gil weer. ‘n Paar mans skaterlag .Tjaka dink aan Lucy en voel sy maag saamtrek. Sy gesigspiere span onwillekeurig en die spiere in sy rug spring asof dit losruk waar dit aan sy ruggraat vas is. Pynlik intens ervaar hy sy dilemma en weet nie hoe om dit te hanteer nie. Soos ‘n kleuter wat ‘n ouer verloor en nie die rasionaal verstaan nie. Sy gedagtes loop vêr. Die verlede se lief en leed draai in sy kop, geluide en gesigte van weleer; die Maskam se loodregte kranse, ‘n hand vol gruis uit die Hantam, die soet hitte van die Doringrivier, die roep van die kokkewiet, oompie Drippie drink en naai sy vrou vir almal om te hoor.

Email

You may also like…

Op die vlug van die voëls

Skrywer: Frans Calitz

 

Geskryf na aanleiding van die onlangse gebeure rondom hofsake, kindermishandeling en veral die aanslag op die vrou.

Die verhaal gaan oor die lewe van ’n getroude vrou wat deur haar man mishandel word. Gebeurtenisse wat sy as kind ervaar het, kompliseer ook haar lewe en sodanig dat sy toemenend haar eie kammawêreld betree om van die werklikheid te ontsnap, deur die dae te worstel en as wraak vir op die verlede en haar eggenoot.

Die vrou (sy) het as kind in ’n pastorie grootgeword; aanvanklik gelukkig en geborge tot die dag dat haar ma deur haar pa se kantoordeur se sleutelgat geloer het. Toe loer sy ook. Dit is waar alles verander het. Die gesig aan die anderkant van die sleutelgat het saam met ander ervarings diep in haar verstand vasgeslaan en eers later in haar lewe na die oppervlakte gekom. Sedert die sleutelgat-episode was haar lewe een lang stryd. Die mense in haar lewe het haar baie teleurgestel – ditto vir die godsdiens waaraan sy sedert kindsknie onderwerp was. Haar latere huwelik was haar reddingsboei  – maar dit was van korte duur. Die huwelik het gou verbrokkel, maar daar was nêrens heen om te gaan nie  toe lewe sy maar haar eie lewe.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R129.00 Add to basket