Back to Coming Soon

Harlaboerla

R179.00

Skrywer: Coen Brink

 

‘n Gastroenteroloog, Professor Mo van Wyk, het ‘n nuwe teorie oor die oorsaak van hartaanvalle. As gasspreker by die afsluitingsvergadering van die Tuisteskepper en Kunsvereniging noem hy dit terloops. Dit word sonder sy medewete sensasioneel gepubliseer in Oggendblad. Die teorie maak opslae in die media, plaaslik en internasionaal, en het ‘n mieliemanie tot gevolg. Die skugter Mo van Wyk probeer vlug vir die media, maar kom spoedig agter hy moet vlug vir sy lewe. In die verwarring ontwikkel ‘n liefdesverhouding tussen hom en die joernalis, Lise de Kock en word sy ingesuig in sy oorlewingstryd. Hy ontmoet ‘n Amerikaner, Grant Fox, wat die regte op sy verhaal wil koop en hy verduidelik die wetenskaplike basis van sy teorie aan hom. Mo van Wyk is egter ook ‘n natuurmens. Sy kennis van die natuur help hom nie net om fisies, maar ook sielkundig te oorleef in die hedendaagse Suid-Afrika met sy misdaad, slaggate en korrupsie en ongelooflike natuurerfenis.

 

Wholesalers and book stores press here...
Email
SKU: 9781928350026 Category: Tags: ,