Back to Coming Soon

HAND OP DIE SKOUER deur MARIUS LE ROUX

Hand op die Skouer

 

In hierdie boek het die skrywer die goedheid en wonderdade van God in sy lewe beskryf. Dit geskied aan die hand van die verhaal van twee mans, die een Jacques en die ander Paul, se wedervaringe tydens n agt-dae lang staptog in die Naukluft berge in Namibië.

Jacques is betrokke in n buite-egtelike verhouding. Tydens die staptog vind gesprekke plaas wat sy denke beinvloed en hom tot inkeer laat kom.

In die ontvouing van die verhaal deel Paul sy eie ervarings wat hy met Jesus gehad het.

Die verhaal handel ook oor Jacques se vrou wat haar eie innerlike stryd het om te oorkom.

Die mans deel verskeie avonture op die staptog en selfs op pad terug huis to later.

In die epiloog word verskeie positiewe uitkomste vir beide Jacques en Paul gevind. Vir laasgenoemde het dit beteken hy moes in die platteland gaan woon ten einde sy toekomstige vrou te kon ontmoet. Hierin sien Paul duidelik die Hand van God.

 

Marius le Roux

Gedagtes oor die boek het oor n tydperk van jare in die skrywer se hart gelê waar dit moes ontkiem en groei. Na hy sy hart vir Jesus gegee het het hy wonderlike ervarings met die Here begin kry – genesings en wonderdade. Die behoefte het ontstaan om die goedheid wat hy van God die Vader ontvang het weer te gee om hopelik ander te inspireer.

Dit was eers na hy op sestigjarige ouderdom afgetree het dat hy kon begin skryf het aan hierdie debuut boek. Die skryfproses het gepaard gegaan met die leiding van die Heilige Gees. Daar was heelwat onderbrekings wat die hele proses uitgerek het en denke laat opdroog het. In n sekere sin moes hy nuut begin na elke lang onderbreking.

 

Email
Category: