Drie treë na die hemel

R149.00

Go to Facebook...

 

Lees Drie Treë na die Hemel en ontdek hoe God ‘n ongelukkige sameloop van omstandighede in ‘n boodskap verander, nie net vandag nie, maar elke dag.
“Die nagmerrie het begin: seksuele mishandeling, ‘n alkolistiese pa en ‘n disfunksionele familie. Hierdie boek is ‘n reis van pyn, wanhoop en verslawings wat tot die sirrose van die lewer lei en ‘n tydperk van slegs ses maande oor het om te leef. Een lawwe partytjie na die volgende wat altyd eindig tot die braking liters bloed, wat skynbaar genoeg is om in te verdrink, waarna Janine in die hospitaal in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is. Daar was geen hoop om oorlewing indien sy in die diep, donker put val nie. In hierdie plek, ‘n verskriklike grot van vrees en pyn, het sy tot die besef gekom dat die dood nie ‘n verlossing is nie, maar eerder die oorsprong tot die ewige hel; ‘n ewige gevangenis, een waaruit wat jy kan nooit ontsnap nie en vir ewig vasgevang is.”
Drie treë na die hemel is Janine Haun se eerste boek, ‘n biografie van haar stryd om die trauma en pyn van seksueel mishandeling vanaf ‘n jong ouderdom te oorwin. Na haar pynlike reis het sy uiteindelik ‘n plek van vrede en beslissing gevind en besef dat wonderwerke nog gebeur.
Janine is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en sielkundige berader. Sy het in beide Engeland en Duitsland klas gegee, maar dit prys gegee om aan haar loopbaan en eerste liefde, berading, te werk. Sy help die gebrokes deur middel van kragtige geskrifte soos dié wat haar lewe gered het. Sy woon tans in haar geboorteland, Suid-Afrika, saam met haar man Elmar Haun. Sy het ‘n  seun wat in Duitsland groot geword het en steeds daar woon. Haar ma en mede-skrywer, May Saunders, is op 19 Julie 2015 oorlede.
Janine vervul haar visie van die verkondiging van die Evangelie deur haar ongelooflike getuienis by elke moontlike geleentheid te verkondig.

 

Wholesalers and book stores press here...
Email