Back to Fiction

Die Robyne van Valery du Toit

R129.00

Skrywer: Welma den Haan

 

Valerie, ‘n kunstenaar, gaan dood nadat sy gekraam het en haar suster neem haar twee seuns aan. Maar daar is vrae oor haar dood. Bebloed en gekneus het sy by die hospitaal aangekom – wie het haar so geslaan dat sy moes sterf in kraam?
Haar suster en haar man hou duister geheime van hierdie tyd en vertel die twee seuns niks van hulle herkoms nie. Selfs nie dat hulle bloedbroers is nie.
Jare later vra haar twee seuns dieselfde vrae toe hulle haar huisie op die plaas ontdek. Jean, die aantreklike een van die twee, wat nie kan kies tussen twee vroue nie, met die gypsy in sy siel, en Jacques, die selfstandige broer met ‘n gesin.
Die vrae word uiteindelik beantwoord met amper fatale nagevolge – van Valerie en John Green, en ‘n liefdesverhouding wat noodlotig vir Valerie geëindig het.
Sal die twee broers hulle kan vereenselwig met hulle hede?

Wholesalers and book stores press here...
Email