Back to Academic

DIE PSIGOPAAT ONTMASKER deur Dr Jannie Roux

R249.00

“Ek het hierdie dinamiese boek gelees.  Dit is die werk van `n kundige man wat die tema met wysheid en insig behandel gegrond op deeglike navorsing oor die verskynsel van die psigopatiese persoonlikheidsversteuring.  Ek het nog nie `n boek teegekom wat hierdie onderwerp op die vlak hanteer wat dr Roux dit doen nie.”

Dr AC Lawrence, Praktiserende Psigiater

“Jannie Roux se manuskrip gooi die lesersnet wyd, sonder om oppervlakkig te wees.  Ons leer die mens agter makabere gebeure ken, kom meer te wete van beweegredes en oorsake van hierdie tipe anti-sosiale gedrag en spreek die immer aanwesige vraag van aanspreeklikheid en behandelbaardheid aan”

Marius Ackerman, Praktiserende Advokaat

“Ek dink die skrywer het dit reggekry om die “waserigheid” rondom psigopatie op `n verstaanbare manier te ontsluit.  Ek dink die boek bied genoeg stof tot nadenke vir praktisyns, akademici, studente en sommer ook vir die leek wat graag meer wil weet oor die gedragsversteuring.  Die boek is goed gebalanseer en smelt seminale inligting van die verlede op `n kreatiewe wyse saam met resente verwikkelings rakende psigopatie.  Die maklike wyse waarop soms moeilike konsepte verduidelik word noodsaak spesiale melding.  Die skrywer se bydrae bied ook `n vars oënskou op die neurofisiologiese aspekte wat met psigopatie geassosieer word.”

Prof. Christiaan Bezuidenhout

Professor in Kriminologie, Universiteit van Pretoia;

President:  Kriminologiese en Viktimologiese Vereniging van Suidelike Afrika

Email