Back to Coming Soon

Die Onskuldiges

R179.00

Skrywer: Maans Nel

Lukas Steenkamp is ʼn derdejaar student op Stellenbosch in die sewentiger jare. Sy uitnodiging en bywoning van ʼn liberale gespreksgroep verander sy lewe ingrypend. Hy kry ʼn besoek van die veiligheidspolisie met die versoek dat hy as hulle informant by die groep moet optree. Dit plaas hom in ʼn morele dilemma. Hy kom ook agter dat besluite oor hom geneem is waarvan hy niks weet nie. Hy weier die versoek. Toe begin die intimidasie wat oorgaan tot geweld ook teen sy familie. Dit neem hom op ʼn pad van wraak en vergelding wat hom uiteindelik laat met ʼn moegheid en alleenheid wat sy jeug weerspreek.

 

Wholesalers and book stores press here...
Email
SKU: 9781928350316 Category: Tags: , ,