DIE FANTASIE STORIEDEN deur Sonja Fourie

R129.00

Ontdek die avonture van die kleurvolle, vrolike karakters soos:

Donsie die wollerige perdjie, hy wil baie graag die misterieuse seelewe verken, maar sy moed begewe hom. Sy nuwe vriendskap met Daantjie die dolfyn, help hom om sy vrees te oorwin en ‘n nuwe wêreld word ontdek. Op hierdie manier leer die karaktertjies ook die les van wie nie waag nie, wen nie.

Hierdie verbeeldingryke stories sal u kleuter help om hul eie kreatiwiteit op ‘n prettige manier te ontwikkel.

 

 

 

Sonja Fourie is ‘n mamma met ‘n missie om kleuters se sosiale, denkbeeldige wêreld te verryk.

Sy het haar naskoolse studies voltooi aan die Potchefstroomse College einde 1996 en is ‘n gewone vrou met ‘n passie vir kinders. Sonja geniet haar agt-tot-vyf werk  en laat haar oor aan die pen in haar vrye tyd. Sy het die leuse: “Moenie jou talente begrawe nie”,  aangeneem en spoor jongelinge aan om geleenthede te gebruik om hul drome te verwesenlik.

Email