Back to History

Die Bybel en Wetenskap in Harmonie

R279.00

Skrywer: Andries Liebenberg

(Grootte: B5)

 

Veral jong mense kan nie meer glo in dinge wat vir hulle nie sin maak nie. Dinge word in die Bybel ingelees en vertolk in ‘n tyd of tydperk waar dit nie van toepassing is nie, want daar is groot verskille. Wat is die Bybel en wat is dit nie? Hoekom is die Bybel nie simbolies nie?

Daar was ‘n tydperk, wat Bybelboeke en die aarde bevestig, voor Adam met Lucifer as regeerder oor fisiese wesens en engele op aarde vir miljoene jare met stede en geen woestyne. Ander aartsengele in die hemelruimte het hul plekke of koninkryke waar hulle tot vandag regeer. By die herstel van die aarde was dit die maan wat die donkerte en water oor die droë grond veroorsaak het en was baie nader aan die aarde. Dit was finaal herstel op die vierde dag toe dit en die aarde weer dae, jare en seisoene moes veroorsaak. Was Adam werklik die eerste mens? Hy het ‘n verbod gekry wat die eerste mense nie gehad het nie. Byna elke gelowige vra waar het Kain sy vrou gekry en oor die land Nod.

Die geestelike wêreld van satan, sy engele, sy demone. Waar kom demone vandaan? Hoekom moet gelowiges weet van hulle? God het nie robotte gemaak nie maar mense met ‘n wil en keuses. Wie was die seuns van God en die reuse en waar is hulle geeste nou? Hoekom moes Israel so baie oorloë gemaak en mense gedood het deur ‘n liefdevolle God?

Dat daar ‘n wegraping of opneem in die hemel is is baie waar en is iets mooi. Die mense wat agterbly. Wat is geloof en ‘n gebed werklik? Soorte Christelike gelowe. Verskonings vir ongeloof. Vrae oor sonde. Die mens se siel en gees is nie dieselfde nie. Uitverkiesing word baie verkeerd verstaan. Is die Heilige Gees werklik net ‘n Hy of ook ‘n Sy?

Satan as aanklaer en die mens se skuld en verdediging. Waarom laat God satan toe? Oorsprong van erfsondes, daadsondes en siektes. Die doderyk en die vyf afdelings van die hel. Wat Nimrod en sy vrou gedoen het deur satan met die Babiloniese kultus en die samesmelting met die Christelike Kerk. Darwin se evolusieteorie sedert Adam met die huidige mensdom bestaan nie maar wel voor Adam.

Huidige mense verskil van die mens of wese voor die sesdaagse herskepping. Die herskepping is nie die begin van die skepping nie maar ‘n herstel van wat was.

 

Wholesalers and book stores press here...
Email