Back to Fiction

Die Baas van Tweespruit

R139.00

Skrywer: Henry Liversage

Dewald Schute moes van jongs af veg teen sy omstandighede.  Eers as weeskind in `n weeshuis en daarna in die weermag en later as huursoldaat in Afrika.  Sy opstandige geaardheid het hom telkemale in die moeilikheid laat beland met dikwels nadelige gevolge vir homself en ander na aan hom.

Na `n skermutseling met terroriste waartydens hy erg gewond word, keer hy na sy geboorteland terug en koop met sy boesemvriend se hulp, `n verwaarloosde plasie.  Hier speel die een krisis na die ander hom af.  Eers sy konfrontasie met die aanvallige Melanie Meiring, wat wingerdstokkies aan hom probeer verkoop.  Dan ontdek hy `n erg vernielde, byne dood, kleurlingseun in `n koma in die vorige bywonershuisie.  Hy vergryp hom kort-kort aan drank as gevolg van die pyn in sy been en is onbeskof teenoor sy vriende en Melanie, vir wie hy eintlik soos die pes vermy as gevolg van `n vorige liefdesteleurstelling, wat juis veroorsaak het dat hy Afrika binne gevlug het en nou `n renons het in al wat vroumens is.

Sy dokter raai hom aan om dringend `n operasie te ondergaan om sy been te red.  Hy stel dit egter telkens uit en Melanie kan nie begryp hoekom hy so hardkoppig is nie.  Dan draai `n byne noodlottige ongeluk Dewald se hele lewe om, waartydens hy besef dat hy, noudat hy sy ware gevoelens ontdek het, dalk nooit Melanie se hart sal wen nie.

Wholesalers and book stores press here...

Email