Die Avonture van Grombeer

R129.00

Skrywer: Gerhard Coetzee

Hardus is ‘n vyfjarige seuntjie wat in sy droomwêreld ‘n dapper kryger, genaamd Grombeer, is. Hy word bygestaan deur sy maatjie en oppasser, die twaalfjarige Saartjie, wat die selfde drome droom as hy en dus die selfde avonture beleef. Grombeer word beskerm deur sy towerhoed wat hom onkwesbaar maak en met sy klankswaard is hy ‘n gedugte vegter. Saartjie staan hom by met haar wenswoord en die hop-en-klouter wat haar in staat stel om reuse spronge te maak en om enige boom of krans te beklouter. Hulle woon op die plaas Haasrivier in Likkewaanshoek, omring deur berge en deurkruis deur die Haasrivier wat in die Brandermeer vloei.

Grombeer, dapper kryger, beskermer van dit wat goed is en bewaarder van die natuur en Saartjie, sy adjudant, tree op teen indringerplante en diere en help om wanbalanse in die natuur rondom hulle reg te stel. As teenstanders het hulle ondermeer Wortelknoetse, Kransmanne, Kernoster Kerboster, Sander die Sandman, die Bergheks (eintlik die beskermer van die bergreeks) en les bes die Donker Mens. Om hulle by te staan is daar ondermeer Padakra die Paddakraai, Mammar, Die Klipdwerg, die Ouvrou van die Bos en die Goeie Wese. Hulle kry te doen met, ondermeer, die Rivierdassie, die Akkerbouter, die Krokkelmander en die Groot Netel. Soos ‘n goue draad is daar ook die invloed van die oupas, Mammielief en Grombeer se pappie.

Tydens ‘n groot partytjie by die Ouvrou van die Bos se huisie loof sy vir Grombeer en Saartjie en sê dat dit aan hulle te danke is dat daar nou vrede heers in Likkewaanshoek. Grombeer onthou dat sy ander oupa altyd sê dat kommunikasie belangrik is en hy dink dat daardie groot woord is presies reg vir al die bewoners van Likkewaanshoek. “Ons het julle maar net met mekaar laat praat,” sê hy beskeie.

 

Wholesalers and book stores press here...
Email