Back to Adventure

BYWONER deur At Kruger

Hoekom Bywoner as die Meyers stinkryk is? Waarom boer hulle op ʼn koopplaas ver van hulle erfgrond? Skud u leesvere reg vir ʼn storie, geskilder met nostalgie oor plaaslewe, hede en verlede. Vreugde, teleurstelling en angs.

Versmelt met die lewens van ʼn rotsvaste boer, Wyn Meyer en sy eggenote, Alexis: briljant en mooi; die spil waarom die storie draai. Word grootmens saam met hulle vier kinders: Tobias, Blanche, Aldo en Vicky. Altyd Vicky.

Steek u kop in ʼn miernes karakters; sienlik en onsienlik. Japan en Bharat Naran. Twicey en Blinde Dries, en vele meer. Ook moordend jaloerse troeteldiere, mensvreter krokodille, lastige bobbejane en rondloper seekoeie. Husse met lang ore, tokkelossies, trolle, voorvaders en engele.

 

At Kruger is op die eerste dag van Februarie 1953 in Springs gebore. Hy het tussen die koekepanne en mynhope halfwas geraak, verkas na die Noorde – Dendron – en daar verder grootgeword. Hy het aan die Hoër Landbouskool Kuschke matriek geskryf en hom aan die Universiteit Pretoria bekwaam as landbouwetenskaplike. Sy vrou, Annelize, destyds ʼn nooi Swanepoel, het hy op die dansvloer by ʼn Mopanie Manskoshuis bokjol ontmoet. Van die trouery het twee kinders gekom, heelwat later het daar ʼn skoonseun en -dogter bygekom, asook vier kleinkinders. Augustus 1980 ʼn lappie aarde Noord-Oos van Pretoria gekoop. Weeksdae gewerk, Saterdae geboer en Sondae gerus. At hou van kos op die tafel uit eie hande, stroomaf in sy kano, dans, lees en skryf.

Email
Categories: ,