Back to Coming Soon

As die Skape Blom

R159.00

Skrywer: Andre Lubbe

Grootfontein is die spogplaas van Ou Petrus Louw.

Een van die vreemdste gebeure in die oorlog speel hom af as die kroonprins van Grootfontein per ongeluk deur sy eie mense doodgeskiet word.

Sy jong seun, Klein Petrus, kom na vore en neem die leisels oor en bou die plaas op tot ʼn baken in hierdie geweste. Grootfontein se witgeskeerde skape blom soggens soos lelies in die veld. Die Louw familie  floreer, maar ‘n tragedie rondom die ma verander die skape in die kleur van bloed.  Deur die worstelstryd van kinders alleen grootmaak verander die skape later in al die kleure as Klein Petrus hom in ʼn ontugtige situasie begewe. Aan die einde van Klein Petrus se lewe staan die skape vaal en ongeskeer teen die rante terwyl die stoet na die begraafplaas beweeg. Dit is egter nie die einde van die kringloop nie. Daar was kinders, klein weeskinders, vier van hulle. Daar is ʼn groot erfporsie en daar is familie.  Mense kan so wreed wees, soms so skelm en so hardvogtig. Weeskinders word uitgelewer aan die aasvoëls van die familie en aan ʼn gemeenskap wat hulle oë sluit vir die onreg op hulle eie voorstoep.

As die skape blom laat jou weer anders kyk na die mense om jou. Andre Lubbe bied hier ʼn lekker-lees-boek aan wat vol humor is maar ook met erns die leser bekendstel aan die ongerymdhede van ons vroeër geslagte. Selfs die bestes onder ons is nie sonder foute nie. By die lees van die boek wil jy soms lag, soms wil jy huil en soms voel jy jy wil iemand verwurg…..

 

Wholesalers and book stores press here...

Email
SKU: 9781928350927 Category: Tags: , ,