DIE DE ZALZE MOORDE deur Jaap Rabie

HIERDIE BOEK WORD TANS TERUGGEHOU AS GEVOLG VAN ‘n MOONTLIKE REGSGEDING. BOOKS-AFRICA VRA OM VERSKONING. DIT IS BUITE ONS BEHEER EN DIE SAAK MOET EERS AFGEHANDEL WORD. DIE INLIGTING IN DIE BOEK VERVAT IS UITERS SENSITIEF EN BOOKS-AFRICA BELOOF OM DIE BOEK SO GOU MOONTLIK WEER BESKIKBAAR TE STEL.

 

Die indiepte ondersoek en die verhaal gelaai met feite wat elders nie beskikbaar is nie beloof om lesers regop te laat sit.

Die skrywer het nie net dag vir dag die hofsaak bygewoon nie, maar het inligting direk van familie en vriende ontvang wat nie elders beskikbaar is of met koerante gedeel is nie. Die verhaal is dus nie slegs ‘n veslaggewing van gebeure nie, maar word uit die binnekringe van die mense direk geraak deur die afgryslike moorde vertel.

 

Jaap Rabie

R275.00 Add to basket
WOLF deur Jaap Rabie

Skrywer: Jaap Rabie

 

Voor die 1994-verkiesing was hy een van die beste bevelvoerders en bobaas wapensmokkelaar van een van die verbode organisasies. terwyl onderhandelings by CODESA nog aan die gang was, het hy en ‘n groepie kommunististe ‘n staatsgreep beplan. Jake Botha was daardie jare op sy spoor en hulle het mekaar menige kere gekonfronteer. Nou is die gewese vryheidsvegter ‘n magtige politikus en hy het weerwraak gesweer.

Die aksie begin met ‘n moord in Amerika; ‘n aanslag op Jake  se lewe en kaping van sy besigheid. Al die leidrade lei na Libië, maar daar is ‘n oorlog aan die gang. Terwyl die Amerikaanse, Engelse en Russiese geheimedienste kopkrap, beplan Jake en sy vriend ‘n tog na Libië.

Intussen ontwikkel daar ‘n stormagtige verhouding tussen Paul en ‘n verslaggeefster, terwyl Jake sy vrou met iemand anders betrap.

In Engeland word Jake se vriend, Paul Jordaan deur die SIS oorreed om sam met hulle te werk om Gaddafi uit te snuffel, maar hulle het ‘n ander agenda.

Direkte vlugte is nie meer moontlik nie en hulle moet wapens saam met ‘n klompie huursoldate die land met ‘n ompad insmokkel – met Al Kaïda se terroriste op hulle spoor.

Wanneer die konfrontasie uiteindelik in Libië plaasvind, wag daar ‘n verrassing op hulle en eers op die einde vind hulle die verraaier in hulle midde.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"] [btn text="JAAP RABIE BLOG " tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link=" http://rabiej.wix.com/author-blog" target="_blank"]

 

R189.00 Add to basket
SANGOMA deur Jaap Rabie

Skrywer: Jaap Rabie

Hierdie boek is deel van ‘n trilogie en die vervolg op Wolf waar drie vriende gekonfronteer was met die kaping van hulle besigheid en hulle die vyand in die oorlog geteisterde Libië moes trotseer.
Maar die draak het meer as een kop en met hulle terugkoms in Suid- Afrika vind hulle dat dieselfde terroriste-elemente nog steeds agter hulle bloed is – elemente wat terselfdertyd ‘n magsoorname van die regerende party beplan en ‘n toordokter gebruik om skares op te ruig – soos wat rewolusies oor die hele wêreld deur die eeue begin het.  Nie ‘n staatsgreep nie – daar is ‘n baie makliker manier soos Julius Malema al gedemonstreer het!
Hulle vind egter ‘n bondgenoot in die Mossad – die geheimste van alle Geheime Dienste. Die Mossad wil keer dat sekere kerntegnologie wat Iran benodig die land vanaf Suid-Afrika bereik, want daar is elemente in die regerende party wat Iran baie simpatiek gesind is.
Hulle word op alle fronte aangeval. Dit begin met ‘n poging om Paul Jordaan se vriendin te verkrag. Sal kleinboet Pieter betyds opdaag om haar te red? Of was dit net ‘n lokval om hom  alleen te kry? Later word diamante word op hom geplant, maar sal hulle swig voor die afpersing?
Die boek het soos Wolf  ‘n  goeie kwota romanse. Dit blom tussen Pieter en ‘n mynmagnaat se dogter wat later ontvoer word, terwyl Jake Botha se romanse weer op dreef kom na sy egskeiding.
Eers teen die einde van die boek, en na nog pogings om hulle te intimideer, ontdek die helde die ware rede agter die konflik en die identiteit van die nuwe vyand  – die krag agter die toordokter.

[kad_youtube url="https://www.youtube.com/watch?v=G-SEIxuzGjw&feature=youtu.be" ]

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"] [btn text="JAAP RABIE BLOG" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://rabiej.wix.com/author-blog" target="_blank"]

 

R189.00 Add to basket
Operation Wolf

Author: Jaap Rabie

 

He was Iklwa’s best commander and weapons smuggler. During the CODESA negotiations, before the election, he planned a coup that was foiled.  Jake Botha was on his trail those years and they had many confrontations. Now the freedom fighter is a powerful politician who is out for revenge.
The action starts with a murder in America, an attempt on Jake’s life and a hijacking of his business an all the clues lead to Libya, which is embroiled in a vicious war. Jake plans a trip to Libya while the American, English and Russian secret services are trying to unravel the mystery.
In England a friend of Jake, Paul Jordaan, is coerced to work with the SIS to find Gaddafi; but they have a different agenda.
Direct flights are not possible anymore and their only alternative is to smuggle weapons with some mercenaries along another route – with Al-Qaeda terrorists following closely.
In the meantime Paul and a reporter enters into a stormy relationship, while Jake’s romantic life is full of suspense right to the end.
The grand finale is when their convoy is attacked by NATO aeroplanes and James Bond type gyrocopters.
A surprising turn of events ensue that leads to a gripping end.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"] [btn text="JAAP RABIE BLOG" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://rabiej.wix.com/author-blog" target="_blank"]
R189.00 Add to basket