Van armoede tot geloof en oorwinning

Skrywer: Dafina Jacobs

 

“Ek wil u bemoedig en vertel deur hoeveel jare van moeilike omstandighede ek God vertrou het as kind en in my getroude lewe. Ons het arm groot geword op ’n plaas waar alkohol misbruik was, ’n ma wat aangerand, emosioneel en verbaal afgebreek was. Ons het gedink dit was reg omdat daar nie ander mense naby ons gewoon het om te kon sien dit is verkeerd nie. Ons was ‘arm maar skoon’; dit was ons leuse; water en seep was nie skaars nie.”

Van armoede tot geloof en oorwinning vertel die skrywer haar lewensverhaal. Sy vertel haar verhaal wat baie vroue hul kop in skaamte sou laat sak. Maar sy het een missie en dit is om mishandelde en moedelose vroue te inspireer en hoop te gee.

“Ek was seksueel gemolesteer deur my pa, maar het hom vergewe vir dit wat hy aan my gedoen het en dit later van tyd aan my aanstaande man vertel. Met ons huwelik het dit die eerste paar maande goed gegaan, maar nadat hy begin drink het en met losbandige verhoudings betrokke geraak het, het hy my begin aanrand elke naweek. Dit was sy ontvlugting om uit te kon gaan.

“Na jare het hy my geskei met ander bedoelings deur vrou wat hom so gemanipuleer het met leuens. Ná die egskeiding was hy elke aand by my aan huis en soms uit geneem vir etes. Ek het gedink dit was sy manier van jammer sê wat hy nooit ooit van te vore gedoen het nie.

“Na 8 jaar is ons weer getroud, nou het ons almal gedink dit is die laaste; hy het sy kop gestamp en die kinders was dankbaar Ma en Pa is nou gelukkig. Ek wou nie meer baklei.”

Die skrywer is kort voor hul tweede egskeiding met borskanker gediagnoseer en vertel hoe God deur die groot K haar man gered het. “Wat ’n wonderwerk! Ek het ’n bors verloor maar sy siel was gered.”

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R139.00 Add to basket
Stranger in my home country

Author: Piet Schoombie

 

This book tells the story of a young civil engineer who, because of affirmative action and black economic empowerment, is struggling to find a job in the new South Africa.

The prevalence of corruption, crime, murder in the South Africa society is a huge problem that he also had to reckon with. As a result of these conditions many South Africans, including most of his own family, were forced to leave the country for a better life abroad.

His expertise as an engineer is however in high demand overseas and he received several favourable job offers. The decision to emigrate or to stay, is not at all easy, for he must take into account his love for and loyalty to South Africa.

In conjunction with all these dramas and intrigues his love life is also not always plain sailing! Read more about this young man’s trails and tribulations in a highly challenging new era.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R159.00 Add to basket
Questioning: The Undefended Accused – Practical Examples for Magistrates

Author: Adv. DJ Steyn

 

“The Undefended Accused” by Adv. K. Steyn will be used by;

  • newly appointed magistrates;
  • aspiring magistrates and law students,

and is a must for every Law Firm in South Africa.

Every person that’s is involved in court proceedings in South Africa would benefit from this release (Full title: Questioning: The Undefended Accused – Practical Examples for Magistrates).

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R969.00 Add to basket
Meerjarige Dagboek: Waarom varke nie pêrels dra nie

Skrywer en kunstenaar: Mariqi Nell

 

Mariqi Nell vier haar 10de jaar as skilder in November 2015.

Sy het haarself bewys as een van Suid Afrika se top kunstenaars in haar unieke styl van impressionistiese-realistiese, wet-on-wet-ala-prima met olieverf op doek.

Sy is ook ‘n skrywer en dramaturg. Hierdie boek is bewys daarvan.

Die leser sal die skilderye en waardevolle stories terdeë geniet en ‘n ryker mens daar uitstap.

Die ideale geskenk vir enige persoon.

Dit is ‘n meerjarige dagboek wat gebruik kan word as dagboek of as verjaardag kalender jaar na jaar. 95% van die lesers wat nou hierdie boek lees sal waarskynlik nooit iewers in die lewe kom nie. Die gemiddelde persoon besef nie dat hulle ‘n keuse het nie. Jy sal eers uitstyg vanuit jou omstandighede wanneer jy besef jy het ‘n keuse, dit analisseer en jou denke verander en die regte geleenthede vir jou skep!

My naam is Mariqi Nell. Ek is ‘n predikantsdogter wat op die platteland grootgeword het. Omdat ons nie televisie daardie jare gehad het nie, het die plaasdorpie “Bospoort” in Noordwes, se orreliste ons kindertjies onder hande geneem. Ek het van vier jarige ouderdom musieklesse begin neem en kon note lees voordat ek kon lees.

Tannie Lavinia Voorendyk, het die kunstenaar in my laat ontwaak. Sy en my Graad 2 Juffrou, Tannie Marietjie Badenhorst. Sy was die skoolhoof se vrou.

Tanie Lavinia het gereël dat haar kindertjies saam met Johannesburg – Noord se simfonie orkes optree en ek en my sussie het blokfluit en wagtel gespeel in die Toy Simfonie van Hayden voor 300 mense.

En Tannie Marietjie het my verbeelding geprikkel met al die lappoppe se stories wanneer ons op die mat moes lê en rus. En toe kry ek sommer ‘n rol in die opperette net omdat ek so lekker kon lag en sing. Skilder het al daardie jare begin, sommer op ‘n klip, indien die klip se vorm reg gelyk het. Daar was nie noodwendig tyd om die grond heeltemal af te was nie.

Omdat ons op die kerkgronde gebly het, was dit ‘n heerlike groot, veilige area waar ons kon baljaar met ons fietse om die kerk en saam het ons menigte speletjies gespeel… Daar was volop feetjies en kaboutertjies wat onder die groot palmboom tussen die kappertjies gebly het en ook in die roostuin. Ongelukkig kon ons dit nie altyd vir ons ouers vertel nie en een dag toe ek agter hulle aan hardloop, val ek in ‘n roosboom! Ai, deur die trane deur het ek vir Mamma gesê die hond het my daar ingestamp.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R290.00 Add to basket
Kattekwaadstreke

Skrywer: Madelaine Palmer

 

Vaatjie en Plaatjie by op ’n plaas net langs Karel. Steentjie Drakie loer al dae lank vir Karel af. Steentjie Drakie wil so graag ’n maatjie hê. Hy word vreeslik kwaad as hy sien hoe Karel geboelie word.

Op ’n dag besluit Steentjie Drakie tot hiertoe en nie verder nie. Kom lees verder saam met Steentjie Drakie om te sien hoe hy teen die boelies opgestaan het.

***

Die in die donker woud het twee hekse gewoon. Rooltjie was die vriendelike heks en Biablo was die stout heks. Biablo het daarvan gehou om goggas en paddas in haar sop te gooi.

Eendag besluit Biablo om ’n sop te maak en ’n haas in te gooi. Al probleem was dat Biablo nêrens ’n haas kon kry nie.

Baiblo ontmoet die Oranje Heks wat in die woud bly. Oranje Heks het ’n geheime agenda en beloof om vir Biablo ’n haas te gee as sy Biablo se groot swart pot mag leen.

Dink julle die Oranje Heks het vir Biablo haar haas gegee?

***

In the dark forest lived two witches. Ruth was the friendly witch and Biablo was the naughty witch. Biablo liked to mix bugs and frogs in her soup.

One day Biablo decided to make a soup with a rabbit. The only problem was that Biablo could not find a rabbit anywhere.

Baiblo met the Orange Witch who lived in the woods. The Orange Witch had a secret agenda and promised to give Biablo a rabbit if Biablo let her borrow her big black pot.

Do you think the Orange Witch gave Biablo her rabbit?

***

Vlerkie Vlermuis het saam met sy pa, ma en suster in die groot Jakarandaboom in die bos gebly. Maar Vlerkie het ’n groot geheim gehad…

 

MET INKLEURKYTE EN INKLEURBOEK

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R129.00 Add to basket
Le Stoof

Skrywer: Frederick Barnard

Grootte: A4

Ek bly in ’n klein woonstelletjie met ’n 3×3 meter kombuis. Daar is geen plek vir ’n stoof nie. Al die “kitsch-crimplene” resepte in hierdie boek het ontstaan in my miniatuuroondjie met sy twee stoofplate. New York, Londen, Parys – om maar net ’n paar te noem – is bekend vir wooneenhede met piepklein kombuise en die meeste jongmense in Suid-Afrika se eerste onafhanklike woning is heel waarskynlik ’n woonstelletjie, ’n meenthuis of ’n klein plekkie in ’n sekuriteitskompleks met ’n klein kombuisie, niks groter as ’n hangkas nie. Daar is gewoonlik nie ’n stoof of plek vir ’n stoof nie. Die goeie nuus is dat jy, met ’n klein stofie in ’n klein kombuisie, groot kan onthaal. Moenie dat jou omstandighede jou keer nie. Kook en kuier soos nog nooit van tevore nie.

Hierdie boek gaan oor regte kos, geen pretensies, ou klassieke “Crimplene/Retro” kos wat uit die hart kom. Die resepte bestaan uit mates en metodes, maar die belangrikste deel van die resep is dat jy jou hart na die tafel moet bring. Maak die kos met liefde. Berei die geregte voor met iemand in gedagte en deel die kos met die mense vir wie jy lief is.

Die lewe is te kort vir swak kos of kos wat slegs aan ‘n gemiddelde standaard voldoen. As jy iets gaan eet, hoe eenvoudig dit ook al mag wees, laat die gereg alles wees wat dit bestem was om te wees.

Daar is min gevalle waar jy die geleentheid kan skep om gesellig en gesamentlik, soos met ’n maaltyd aan tafel, te geniet. Kook vir die mense wat jou na aan die hart lê, sowel as dié wat nog nie is nie en hulle sal jou binnekort na aan die hart lê. Kos het ‘n manier om mense bymekaar te bring.

Kook dus groot in ’n klein kombuis.

Freddie

 

[btn text="Le Stoof on Facebook" tcolor=#FFF bcolor=#0000FF thovercolor=#FFF link="https://www.facebook.com/lestoof/?fref=ts" target="_self"] [btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R249.00 Add to basket
Comrade Lukas

Skrywer: Izak C. Potgieter

AANBEVELINGS VAN DIE BOEK

Dr. Llewellyn LM Macmaster
D.Th (US)
Bestuurder: Burgerlike vennootskappe (Civil Society Relations); mede-leraar VGK SA Gestig (Belhar)
Comrade Lukas bied ’n eerlike, vars en uiters relevante bespreking van Lukas se teologie soos opgeteken in die evangelie van Lukas en die Handelinge-boek. Ons het oor dekades en eeue heen so gewoond geraak aan die lae vernis wat oor die oorspronklike hout geverf is deur allerlei interpretasies vanuit godsdienstige en ideologiese belange, dat ons weggedwaal het van die oorspronklike historiese konteks van die geskrifte, en glad nie die mooi tekstuur van die hout (teks) gesien het nie.
Die publikasie neem ons terug na teks en konteks, lê die kontraste duidelik en helder bloot, en bring ons weer naby die hart van die evangelie van Jesus Christus en die appél wat dit op hoorders, lesers en volgelinge maak. Die boek is eenvoudig maar diep, lees maklik, maar los jou met ’n heilige ongemak met die status quo en jou eie passiewe geloof. Die evangelie vra inderdaad ook vandag dat ons keuses sal maak!

Emeritus Professor GD (Daan) Cloete.
D.Th. (Kampen, Nederland).
Nuwe Testamentikus en voormalige dekaan van die teologiedepartement, UWK.
Toe Jesus gesê het dat ons die armes altyd by ons sal hê, was dit ‘n uitdaging. Die Marxisme en die Kapitalisme het hiervoor eiesoortige oplossings aangebied. Pous Fransiskus sê: moenie dat die ideologieë ons Christene se vlag steel nie. Die uitdaging is ons s’n, die Christene s’n. Ja, sê hierdie publikasie, ons hoef nie eens verder te gaan as om die Evangelie van Lukas en Handelinge te lees nie.
Hierdie publikasie moet gelees word deur die dosent wat sy studente voorberei  om onder die armes te gaan werk; deur die dominee wat moet preek vir die armes en die rykes wat saam voor hom sit, en in die wyksbyeenkoms waar die rykes en die armes mekaar in die oë moet kyk.

Ds. Bernard (Arné) Leuvennink
B.Th. (US)
Leraar: VGK Bredasdorp
Die teologie van Lukas bied ‘n uitdaging aan die kerk van die 21ste eeu om waarlik kerk vir die armes en weerloses in die samelewing te wees.  Comrade Lukas is ‘n weldeurdagte, goed nagevorste studie deur ‘n gemeenteleraar wat op grondvlak in die arm gemeenskappe van die Karoo oor 3 dekades heen die diep kloof tussen ryk en arm in die kerk beleef het.  Die publikasie is daarom aktueel en relevant, dit spreek elke ernstige, denkende Bybelstudent aan, dit vlek oop tot die been, maar gee ook hoop met praktiese oplossings vir die kerk om in ‘n hoogs gepolariseerde samelewing opnuut relevant te wees en hoop te gee aan mense wat sonder hoop lewe.
Die studie van Lukas se teologie, met vergelykende uitsprake van pous Fransiskus, word eenvoudig en verstaanbaar op ‘n boeiende en inspirerende wyse aan die leser oorgedra,.  Dit rig ‘n ernstige wekroep tot die hedendaagse kerk om die weerloses ernstig op te neem soos Jesus dit gedoen het, en maak mens opgewonde oor die oplossings wat die Evangelie bied vir ‘n stukkende wêreld.

Prof. Nico Koopman
D.Th.  (UWK)
Professor in Sistematiese Teologie, en waarnemende viserektor vir Sosiale Impak, Transformasie en Personeel aan die Universiteit van Stellenbosch

Hierdie publikasie se hernude waardering van die sosiale teologie van Lukas verryk diskoerse oor wat toenemend as die veld van Publieke Teologie beskryf word. Dit help Christene om hulle opnuut te verwonder oor die publieke inhoud en aard van ons geloofsoortuigings en geloofspraktyke; om in ’n komplekse wêreld nie te skroom om die publieke domein te betree vanuit geloofsoortuiging nie; om nee te se vir apatie en   wêreldmyding, maar om eerder deur kerklike praktyke soos bybelstudie en prediking, aanbidding en viering, kategese en gemeenskap, getuienis en diens, bevrydend en transformerend te impakteer op alle samelewingsterreine.
Dis ’n vreugde om hierdie pennevrug van ’n kosbare kollega aan te beveel. Oor dekades heen poog hy om op beskeie en brose wyse hierdie evangelie te beliggaam. Ons geloofslewe en openbare lewe word deur hierdie werk verryk.
[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

R139.00 Add to basket
Vellies en Foefies in ‘n Skoolkantoor

Skrywer: Letsie Tukker

 

Vellies en Foefies in ’n Skoolkantoor sal beslis jou lagspiere prikkel met interessante staaltjies oor die kaskenades en kaperjolle wat hulself afspeel in die kantoor van ’n skool, soos vertel deur ’n ware skoolkantoor-tannie.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R139.00 Add to basket
Ditsem vir Kotiljons

Skrywer: Dr. Johannes van der Merwe

Dr. Johannes van der Merwe het as predikant ryke ervaring met mense oor dekades heen opgedoen, maar hy verkies om die fiktiewe aspek daarvan te beklemtoon deur onder sy noemnaam, Dunes, te skryf.

Al is die karakters denkbeeldig spreek hy namens húlle die wens uit om op jou volgende vakansie saamgeneem te word. Omdat hulle van mening is dat hulle tot die plesier daarvan kan bydra. Hulle sien wel die lewe soms as ’n probleem, ja, maar ’n probleem wat wag om opgelos te word, miskien met ‘n titseltjie humor waar nodig!

Alhoewel in die verhale lewenswerklikhede aan die orde is, vermy hy doelbewus om lesers met die absurde besig te hou.

Mag die leser eerder geïnspireer word om menigmaal geselskap op te fris met, ‘Ek het êrens gelees dat…’ en so blywende waarde ervaar van die verhale wat in die bundel opgeneem is.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
Plato: Verdediging van Sokrates uit Grieks vertaal

Skrywer: Piet Boshoff

Sokrates bekoor nog steeds lesers met sy skeppende denke omdat hy woorde kon gee aan kwessies waarvan sy eie lewe afgehang het.

Die beste kennismaking met hierdie aangedane aangeklaagde kry ons waar hy homself as filosoof voor die hof nugter en oortuigend verdedig. Hy ervaar erge vyandskap omdat die god Apollo van hom sou gesê het dat Sokrates onder mense die wysste is omdat hy self weet dat hy eintlik ver te kort skiet wat wysheid betref.

In sy betoog doen hy sy legendariese aansien as wysgeer meer as gestand. By uitstek die voorbeeld van ’n leraar wat sy mening aan niemand opdwing nie, maar eerder mense wil lei om self die gevolgtrekking te maak.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
E-posse uit Thailand

Skrywer: Mauré van Wijk

 

Van vloede en skoolhou tot kos en olifante – E-posse uit Thailand is ’n leef-, kultuur- en kosboek oor Thailand. Na etlike traumatiese gebeure wat in die skrywer se lewe ingegryp het, het sy afstand nodig gehad. Maar wat aanvanklik vir ’n ‘jong’, Afrikaanssprekende middeljarig vrou net ’n avontuur moes wees, het ’n lewensreis in die Verre Vreemde geword.

Sy het midde-in die vloede daar aangekom en het die eerste week ’n onderwysseminaar bygewoon, waarna sy, as gevolg van die oorstromings, vir twee maande moes ‘rondhang’ voordat sy kon begin skoolhou.

Haar e-posse aan vriende en familie – en God as haar anker – was in dié tyd haar redding, en het neerslag gevind in die boek. Een en almal het haar skrywes en sketse van die land, mense en gebeure so geniet en inspirasie daaruit geput dat hulle nie kon wag vir ’n volgende aflewering nie.

In die e-posse deel sy haar persoonlike, kulturele en kulinêre ervarings. Sy skryf oor die hoogte- en laagtepunte – die positiewe, die humor en geestelike verdieping – wat sy in, soos haar dogter gesê het, die “regte Thailand” ervaar het.

Sy het in Bangkok en Hua Hin gebly, in Villages in die Noord-Ooste van Thailand skoolgehou, Summer Camps buite Pattaya gedoen, ’n draai by ’n kindergarten skool in Chonburi gemaak en op ’n koraaleiland gaan uitspan. Sy het ook op ‘visa-runs’ Laos toe gegaan.

Om haar avontuur – wat letterlik en figuurlik ver buite haar gemaksone was – in die boek vas te pen, moes sy deur middel van haar e-posse teruggaan op haar Thailand-spoor.

“My baie laat ‘gap-jaar’ het my nederig gelaat en opnuut bewus gemaak het dat alle mense respek en waardigheid verdien, dat ek nie voorregte as vanselfsprekend moet aanvaar nie, dat ouderdom relatief is, dit nooit te laat is om jou drome uit te leef nie, dat ’n mens elke dag moet lééf en deur God tot alles in staat is…”  

Hoewel sy steeds net “mild spicy” doen, het sy ’n liefde en waardering vir Thai-kos ontwikkel!

 

OUTOBIOGRAFIE

Ek het kommunikasiekunde aan die destydse PU vir CHO studeer (nou Noordwes-Universiteit), was jarelank joernalis (doen steeds vryskutwerk), dosent en kommunikasie-konsultant.  Met ‘n  ma wat as ‘n bo-baas kok bekend was (niemand kon nog haar gestoofde soetpatats oortref nie!)  het ek ‘n passie vir goeie kos ontwikkel en het ‘n tuisnywerheid vir vyf jaar besit en bestuur. Ek is lief vir die natuur en vir alle diere – die sagsinnige Thai-olifant lê my veral na aan die hart.

My passies is na my twee dogters oorgedra. Louise is ‘n veearts in Australië en Marise het ‘n Bsc graad in  gasvryheidsbestuur. Sy is tans besig met 'n tweede loopbaan om haar as 'n GR te bekwaam.

Ek het in 2011/2012 vir 'n jaar lank as Engels onderwyser in Thailand gaan skoolhou, wat my lewensuitkyk    ingrypend verander het en die katalisator was vir die boek.

Ná my terugkoms het ek ondermeer ook as kantoorbestuurder vir ‘n kommersiële boukontrakteur gewerk, naweke  by 'n vyfsterboetiek-hotel se kombuis ingeval om van haute cuisine te leer en vir buitelanders Engels leer  praat.

 

[btn text="Contact page for book stores and bulk orders" tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R129.00 Add to basket
Die Verknoeide Erfenis van Moeder Afrika

Skrywer: Yobo Lensink

 

Waarom is Afrika wat dit nou is? Kan die verknoeide erfenis van Moeder Afrika nog herstel word? Sal daar werklik ’n einde aan armoede kom? Ubuntu doen baie, maar wat is dit? Waar is uNkulunkulu? Waarom het ontwikkelingshulp te dikwels misluk? Yobo Lensink probeer geheime in die geskiedenis van Afrika bloot te lê en kom by elke land of stam, wat hy leer ken het, by een van die oorsake van verknoeing uit.

Slawerny het vandat die Atlantic Slave Trade in die vyftiende eeu begin het, die mense van Afrika verkneg. Yobo moet natuurlik vertel oor sy ervarings by die VhaVenda in Limpopo en die aNyanja in Zambië, sy besoeke aan die Boesmans, die Griekwas, en die mense van Ethiopië, Kenia, Tanzanië, Mosambiek, Malawi en die Kongo. Dit gaan ook oor die geskiedenis van trekarbeid. Hoe het die inheemse kerke by die slawe in die Amerikas ontstaan en na Afrika oorgewaai?
Hy moes as predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika in 1976 saam met díe kerk se moderatuur aan die destydse Eerste Minister John Vorster ‘n memorandum voorlê. Vorster het getuig dat apartheid verkeerd is en dat hy alles in sy vermoë sou doen om dit te verander. Waarom was Yobo Lensink in die jare sewentig, toe hy in mynkampongs en stedelike hostelle gewerk het, deur kerke misken?
Die ongeluk, wat hy oorleef het, was beslis nie ’n toevallige insident nie. Vandag moet mense moed hou! Die vrolikste mense op ons planeet leef in Afrika! Wie ubuntu verstaan en beleef, bly optimisties, humoristies en tevrede. Dit is die positiewe kant van die erfenis. Sou die siel van Afrika ooit al die onheil, wat haar deur die eeue getref het, kon oorleef wanneer hierdie morele kwaliteite nie daar sou wees nie? Nkosi sikelel’ iAfrika! – Here, red Afrika!

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R189.00 Add to basket
Juweeltjies uit Die Bybel

Skrywer: Frikkie van Eeden

 

Hierdie boekie is saamgestel uit gebeure in die geskiedenis van gewone mense en dinge wat in die Bybel beskryf word.

Die skrywer het probeer om te bewys dat dit wat gebeur het nie net as geskiedenis gebêre moet bly nie, maar dat dit vandag nog net so van toepassing is.

Mense het nie verander nie, wat wel verander het is die toerusting en gebruike wat aangepas is met die tyd. Donkiekarre het nou net motors waens en  vragmotors geword. Pyl en boog en swaarde, gewere en kanonne.

Verder het beginsels dieselfde gebly en die Bybel spel dit ook duidelik uit: alles wat nou is, het al in die verlede gebeur. Ons kan dus waardevolle lesse leer uit die loop van die geskiedenis.

Geskiedenis herhaal homself.

 

[btn text="Contact page for book stores and bulk orders" tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R129.00 Add to basket
Oepse Daisy

Skrywer: Adellé von Rönge Kotzé

 

Daisy du Pont, rykmansdogter, bedorwe brokkie en diva van die eerste waters kom letterlik haar moses teë terwyl sy op pad is na Australië. Sy word ontvoer, geleende klere gegee om aan te trek en vrywillig verplig om saam met krokodille te swem.

Asof dit nie genoeg is nie, moet sy kaalvoet vir haar lewe vlug saam met ‘n man wat net weet hoe om haar snare te speel. Die cherry op die koek is toe sy ‘n nag saam met ‘n paar geraamtes moes deurbring.

Op hierdie wilde nagmerrie van ‘n avontuur leer Daisy haar ware self ken en word sy geleer om haarself lief te hê met foute en al, maar leer sy ook om waarlik te glo.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R169.00 Add to basket
Abominations in Secunda

Author: Sonny Lucas Sekwakwa

 

Here is Mokone. Behold him! He is a man long over fifty years of age, who comes into a healthy pot of money. One would think that is a good thing – but for Mokone – that is when his troubles begin.

The Bible names many abominations. 1 Corinthians 6:9-11 says: “Do not be deceived: neither the sexually immoral, nor idolaters, nor adulterers, nor thieves, nor the greedy, nor drunkards, nor swindlers will inherit the kingdom of God.”

Mokone will battle many abominations during this time – but the charms of a wicked woman will be the deciding factor in determining his fate.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R149.00 Add to basket
Ergonocracy

Author: Jorge Alves

First, there was capitalism; then
communism and finally…
Ergonocracy

 

The French Revolution stopped abruptly at a certain point, due to the revolution’s own dynamics, to the greed of certain rulers and also because they didn’t have the technological tools that we have today. Ergonocracy seeks to go further by defining more advanced frontiers with the use of IT and creating conditions in which humans can live in accordance with their
true nature. This is the origin of the name ‘Ergonocracy ‘. In addition to safeguarding the principles of freedom and equality before the law, inalienable defense of private property and the right of resistance to oppression, Ergonocracy adds the following concepts: dilution of power, direct democracy, concessionary companies and the prohibition of economic exploitation of man by man.
Ergonocracy defends the notion that all political mechanisms must be transparent and flexible, arguing that all citizens must have direct access to all public processes. This requires all public entities to disclose their actions and activities online.
It only makes sense in a truly free world, and aims to indicate the path to a society where people have fewer constraints on their individual freedom.
In terms of microeconomics, a new economic system is created that is better adapted to mankind’s characteristics, since this model has the main purpose of proposing a naturally balanced system that will do away with the exploitation of man by man. This implies that the current concept of employers and employees will cease to exist and in its place there will be a member-colleague business relationship, although certain partners may still have more influence in the organisation. The result is a single working class, which will simultaneously aggregate capital and labour.
Everyone has a vested interest in the organisation and genuinely strives for its success, being also emphasised the importance of meritocracy measures are also designed to reduce the power of large corporations.
The best of two worlds, to keep the freedoms and advantages of private initiative on one hand and the elimination of human exploitation on the other.
Ergonocracy will probably be the safest radical way to conserve the best of our ‘Old World’.
Keeping up where the French Revolution stopped!

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R169.00 Add to basket
Dankie (Boek/CD)
[columns] [span6]

 

Samesteller: Francois van Oudtshoorn

Lance James se naam is sinoniem met Springbok Radio. Of hy nou kontinuïteit gedoen het, Munt uit Musiek na hy die eenuurnuus aangebied het, sy Keep it Country op Sondae, by die Sarie’s betrokke was, compère en gasheer gespeel het by musiekgebeure of ander vermaaklikheidsprogramme aangebied het, almal ken sy naam. Veral met daardie kenmerkende weglê cowboy-hoed, die oë wat wys dat hy al op ’n jong ouderdom ’n ver pad geloop het, en die skaam halfmas-glimlag wat op so baie foto’s voorgekom het word hy nou opnuut vereer.

In hierdie boek word probeer om nie net sy loopbaan na te spoor nie, maar om die mens Lance James aan lesers en bewonderaars bekend te stel. Dit was geen maklike taak nie, want Lance praat nie graag of maklik oor homself nie. Tog het hy uiteindelik verskeie anekdotes, staaltjies en inligting gegee wat nie net ’n nuwe lig op sy loopbaan gooi nie, maar hom ook opnuut in mense se harte laat inkruip. En daar wag ook verskeie verrassings op mense wat hom vandag nog onthou asof hy gister nog uitgesaai het.

Des te meer tragies dat Springbok Radio uiteindelik gesneuwel het en dekades se luister-met-lus-plesier geëindig het. Maar nie Lance James se nalatenskap of bydrae tot die stasie nie. Dit is waaroor hierdie boek gaan.

Dit is vir almal wat van sy vertonings bygewoon het, wat sy uitstekende middaguur-aanbiedings of onderhoude onthou en vir wie daardie goue stem mooi herinneringe inhou. Dit bring hulde aan een van Suid-Afrika se ikone wat hiermee vir die eerste keer ’n blik gee op wat hom laat tiek. En waarom sy naam vir altyd in die vermaaklikheidsanale van die land sal bly voortbestaan.

Boek- en CD kombinasie

 

[/span6][span6]

CD Liedjieuittreksels:

[btn text="DANKIE" tcolor=#FFF bcolor=#999 thovercolor=#CDCDCD link="http://www.eastwoodcoms.co.za/dankie.mp3" target="_blank"]

[btn text="VICKY" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://www.eastwoodcoms.co.za/vicky.mp3" target="_blank"]

[btn text="SWEETHEART OF YESTERDAY" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://www.eastwoodcoms.co.za/sweetheartofyesterday.mp3" target="_blank"]

[btn text="DELLA AND THE DEALER" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://www.eastwoodcoms.co.za/dollathedealer.mp3" target="_blank"]

[btn text="GROEN KORINGLANDE" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://www.eastwoodcoms.co.za/groenkoringlande.mp3" target="_blank"]

[btn text="AHOI MADAGASKAR" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="www.eastwoodcoms.co.za/ahoimadagaskar.mp3" target="_blank"]

[btn text="LONG BLACK LIMOSINE" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://www.eastwoodcoms.co.za/longblacklimosine.mp3" target="_blank"]

[btn text="DAARS NIKS SOOS WARE LIEFDE" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://www.eastwoodcoms.co.za/daarsnikssooswareliefde.mp3" target="_blank"]

[btn text="CRAZY" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://www.eastwoodcoms.co.za/crazy.mp3" target="_blank"]

[btn text="HANTAMBERGE" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="www.eastwoodcoms.co.za/hantamberge.mp3" target="_blank"]

[btn text="LOVE IS A BEAUTIFUL SONG" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://www.eastwoodcoms.co.za/loveisabeautifulsong.mp3" target="_blank"]

[btn text="THE BIG DADDY SONG" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="www.eastwoodcoms.co.za/thebigdaddysong.mp3" target="_blank"]

 

[/span6][/columns]

 

[btn text="Contact page for book stores and bulk orders" tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

 

R189.00 Add to basket
The Management and Administration of Development in the Southern African Development Community (SADC) Region

Authors:

Dr Andrew Niikondo

Prof Charles Keyter

Prof Darma Mahadea

Prof Eleni Sfakianaki

Prof Imitrios A. Giannias

Dr Johan Coetzee

Prof Martina Metzger

Prof Shameem Ali

 

This book is a useful academic tool for students doing development and economic studies at university or college levels. It provides a comprehensive and integrated approach to the management and administration of development in the SADC region by involving economic, social, and environmental ideas.
Although the primary focus is on the management and administration of development, the importance of social, political, and cultural factors is also recognised. Integration is essential in order to articulate development trajectories that are sustainable, including addressing issues of poverty reduction, corruption and foreign aid problems.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R299.00 Add to basket
Lekker Middagslapiestories

Skrywer: Madelaine Palmer

12 Lekker stories wat elke ouer vir hul kinders wil lees.

Elke boek met CD en inkleurboek

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R129.00 Add to basket
Stories van die Groenbos

Skrywer: Mariana Gerber

 

Hansie Haas hardloop weg om sy eie huis te soek maar hy besef sy mamma se huis is die beste, Faantjie Verkleurmannetjie verdwaal in die reën, en Koen Eekhoring steel Sarel se kos. Al die Groenbos inboorlinge het lesse om te leer.

Elke boek kom met ‘n CD.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R99.00 Add to basket