THE SPIRITUAL EDGE by Stanley Diergaardt

Author:  Stanley Diergaardt

Since I was saved and baptised through Gods eternal grace, the passion for the Gospel was always in my heart. I have learned a lot and see myself as a person who always wanted to be active in Gods work. I am currently a 3rd year student in theology and are passionate about my studies and will definitely carry on to study further. I’m looking forward to do Gods work in a much deeper dimension and see His hand move in every area.

I am married to Daline and we have two children, a daughter Stasha, a son Cyril and a grandson Jordan.

The purpose of this book is to encourage every Christian that God can elevate us in the spiritual realm but we need to thirst doing His work and make you available. In some of the testimonies I shared; clearly testify that God is able and willing to heal and to manifest His glory and power.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

R139.00 Add to basket
Offerspore

Skrywer: Ina Labuschagne

Wat doen jy as die verlies van ’n geliefde jou verpletter? Die emosionele pyn en trauma wat daarmee saamgaan, kan jou geestelik én liggaamlik uitmergel en wreed ontwortel. Geen mens is hierteen immuun nie; trouens hieruit is daar geen ontsnaproete vir iemand wat dié pyn beleef nie. Net so is daar geen kortpad of roetekaart vir rou nie. Dis ’n lang, eensame proses, inderdaad ’n offerpad wat jy man-alleen enduit moet stap.

 

OFFERSPORE is die ideale geskenk vir jouself (of ’n vriend/vriendin) wat mens kan help op hierdie veeleisende pad na herstel en genesing. Die gedigte in OFFERSPORE beslaan ’n wye spektrum van die digter se worstelstryd met die sin van dood en verlies én die emosionele impak daarvan, waarvoor ’n mens nooit hiér antwoorde kry nie, maar hopelik dieper insig en ’n meer volwasse perspektief verwerf, nl. om te berus in God se wil vir jou lewe in sy Groot Raadsplan.

 

Die gedigte verskil in vele opsigte van mekaar, maar het één gemeenskaplike sentrale tema: die dood en verlies van ’n geliefde eis ’n offer en dwing jou om jou offerpad na aanvaarding enduit te stap in jou soeke na die sin daarvan.

 

Omdat ek die rou wonde en vereelte letsels van die harde realiteit van die emosionele pyn van dood en verlies aan my eie lyf dra, kyk ek nou deur ’n unieke lens na die wêreld om my. Waar ek dikwels afsydig gestaan het teenoor die emosionele impak van verlies, pyn en trauma, kyk ek nou ná my emosionele ontlading in verskeie gedigte in OFFERSPORE, met ander oë daarna.  En die gedigte in OFFERSPORE kan dieselfde vir jou doen.

 

OFFERSPORE dring jou om betrokke te raak by mense se emosionele pyn en trauma en Jesus se liefdesboodskap uit te dra.  Dood en verlies is nie die einde van die pad nie. Die lewe gaan voort en ’n vaste vertroue in die Hoër Hand bring weer hoop en gee jou krag om aan te gaan sónder jou geliefdes. Met GELOOF, HOOP en LIEFDE kan jy jou seer op jou pelgrimspad hanteer.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R149.00 Add to basket
Kantoortannie Chronicles

Skrywer:  Barbara Brink

Wat is ’n Kantoortannie?  Dit is nie enige tannie in enige kantoor nie. Dit is die tannie wat in ’n skool se kantoor werk. Dit is die tannie wat enige iets moet kan doen, en lyk asof sy iets van alles weet. Nou is dit ook nie asof sy afskakel as die skoolklok lui aan die einde van die dag nie. O, nee! Dis net die begin van deel twee van haar dag. ’n Kantoortannie is ’n ma, met ’n ander ‘jobtitle’.

’n Kantoortannie beskik oor die geduld van Job, die wysheid van Salomo, die ‘password’ van ’n rekenaar, die finansiële insig van Nene, ek bedoel van Rooyen, ek bedoel Gordhan, die haarstyl van Trump (want daar is nie soveel tyd soos wat sy gedink het nie), die kennis van Google, die speurvermoë van die FBI, die …

’n Kantoortannie se dag kan nie in ’n neutedop beskryf word nie. Die neut se dop is hopeloos te klein! Gelukkig is daar gewone dae ook, maar ek gaan jou beslis nie daarmee verveel nie.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R129.00 Add to basket
Questioning: The Undefended Accused Volume 3 – Practical Examples for Magistrates

Author: Advocate DJ Steyn

 

Questioning: The undefended accused – practical examples for magistrates series is a quick reference guide to criminal law, the law of evidence and the law of criminal procedure, blended together in a practical approach.

In Volume 3 various pro formas are suggested to assist the magistrate, for example with regard to –

  • Explanation of the existence and the meaning of the evidential provision as contained in section 18 of the Drugs and Drug Trafficking Act 140 of 1992;
  • Dagga: Explanation of the rights of the undefended accused with regard to the right to appeal where the accused’s vehicle was (in terms of section 25(1)(b) of the Drugs and Drug Trafficking Act 140 of 1992) declared as forfeited to the State;
  • Dealing in dagga: Explanation of the existence and the meaning of the definitions of “sell” and “dealing in” in section 1 of the Drugs and Drug Trafficking Act 140 of 1992;
  • Enquiry in terms of section 103(1) / section 103(2) of the Firearms Control Act 60 of 2000;
  • Notification in terms of section 103 of the Firearms Control Act 60 of 2000; and
  • Admissions in terms of section 220 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R456.00 Add to basket
Fientjies

Skrywer: Maureen Champion

 

Fientjies is in matriek. Sy dra winter en somer n trui en trek dit nooit uit nie. Fientjies wil ook nie hê dat haar juffrou Natasha haar voor haar huis af laai nie. Wat is die probleem? Gaan die dierbare ouma Rosie haar kan help? Ouma Rosie wat parfuum spuit en haar hare kam voor sy die telefoon beantwoord.

Fientjies se verhaal is n lekker leesboek met baie lag en trane. Julle sal van die kleintjies se sêgoed gou en op die dierbare ouma Rosie verlief raak.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R149.00 Add to basket
Afrikaners en Afrikaanses

Skrywer: Hennie Human

 

Die mediastryd tussen links en regs, noord en suid en tussen Afrikaners en Afrikaanses, versamel of verstrooi want niemand is neutraal nie. Daarom is die een se dood die ander se brood.

Die skrywer se lewensskets dien as padkaart vir die eerste omvattende beskrywing van die stigtingsgeskiedenis van televisie in die SAUK. Hy was die stigter van die Afrikaanse televisiediens en is tans die enigste oorlewende lid van die span wat die aard en inhoud van televisie in Suid-Afrika moes beplan.

Die verhaal volg die verloop van die politieke stryd tussen Noord en Suid die afgelope veertig jaar.

Die staatkundige oorgang van die negentigejare word ontleed:

– Wat was die rol van die Afrikaanse media?

– Is die oorgang ‘n produk van die Afrikaanse se Christelike dogma?

– Is die oorgang ontwerp om die land se skatryk sake-elite te dien?

– Is die Afrikaner se taal en kultuur veilig in die nuwe Suid-Afrika?

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R199.00 Add to basket
VLAKFONTEIN deur Isak Breitenbach

Skrywer: Isak Breitenbach

 

Sakkie Breitenbach het op die plaas Vlakfontein grootgeword. Omdat Vlakfontein en sy voorgeslagte hom na aan die hart lê het hy besluit om Vlakfontein en sy mense se verhaal op papier vas te lê.

Met stories oor jag, Ou Joe, die moeilike skaapram wat met Oppenheimer se diamantsoekers wil boks, Frans se mes wat vir vyftig jaar weg was, die Maritze, waterdiewe, koorslyers, Oom Khoi, Tant San, Mablom die losbandige bul en veel meer stories oor al die manewales asook ernstiger gebeure oor die jare op Vlakfontein, beloof die boek om die leser te boei en beslis die lagspiere te prikkel.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

 

 

R249.00 Add to basket
Tsitsikamma

Author: Jozua Serfontein

 

Jozua Serfontein was born on 5 July 1928 on the farm Hermanuskraal near Witelsbos in the Tsitsikamma. His father worked as a labourer in the plantations of the Department of Forestry.

He started his career as an Extension Officer for the Department of Agriculture at Molteno and worked in different capacities in the Department before departing for further studies to the USA with his family. After completing a PhD at the University of Wisconsin in 1967, he was appointed in several posts consecutively – as Director of Soil Conservation, as Head of the Elsenburg Agricultural College and as Chief Director of Sea Fisheries in Cape Town.

Jozua was co-writer and editor of the history of Elsenburg Agricultural College. After retiring, he was commissioned to write history of Cape Agricultural Show, which was privately published in 1999. He then began to research the book about his birthplace, Tsitsikamma – a task which took the greater part of six years to complete.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R259.00 Add to basket
Die Bybel en Wetenskap in Harmonie

Skrywer: Andries Liebenberg

(Grootte: B5)

 

Veral jong mense kan nie meer glo in dinge wat vir hulle nie sin maak nie. Dinge word in die Bybel ingelees en vertolk in ‘n tyd of tydperk waar dit nie van toepassing is nie, want daar is groot verskille. Wat is die Bybel en wat is dit nie? Hoekom is die Bybel nie simbolies nie?

Daar was ‘n tydperk, wat Bybelboeke en die aarde bevestig, voor Adam met Lucifer as regeerder oor fisiese wesens en engele op aarde vir miljoene jare met stede en geen woestyne. Ander aartsengele in die hemelruimte het hul plekke of koninkryke waar hulle tot vandag regeer. By die herstel van die aarde was dit die maan wat die donkerte en water oor die droë grond veroorsaak het en was baie nader aan die aarde. Dit was finaal herstel op die vierde dag toe dit en die aarde weer dae, jare en seisoene moes veroorsaak. Was Adam werklik die eerste mens? Hy het ‘n verbod gekry wat die eerste mense nie gehad het nie. Byna elke gelowige vra waar het Kain sy vrou gekry en oor die land Nod.

Die geestelike wêreld van satan, sy engele, sy demone. Waar kom demone vandaan? Hoekom moet gelowiges weet van hulle? God het nie robotte gemaak nie maar mense met ‘n wil en keuses. Wie was die seuns van God en die reuse en waar is hulle geeste nou? Hoekom moes Israel so baie oorloë gemaak en mense gedood het deur ‘n liefdevolle God?

Dat daar ‘n wegraping of opneem in die hemel is is baie waar en is iets mooi. Die mense wat agterbly. Wat is geloof en ‘n gebed werklik? Soorte Christelike gelowe. Verskonings vir ongeloof. Vrae oor sonde. Die mens se siel en gees is nie dieselfde nie. Uitverkiesing word baie verkeerd verstaan. Is die Heilige Gees werklik net ‘n Hy of ook ‘n Sy?

Satan as aanklaer en die mens se skuld en verdediging. Waarom laat God satan toe? Oorsprong van erfsondes, daadsondes en siektes. Die doderyk en die vyf afdelings van die hel. Wat Nimrod en sy vrou gedoen het deur satan met die Babiloniese kultus en die samesmelting met die Christelike Kerk. Darwin se evolusieteorie sedert Adam met die huidige mensdom bestaan nie maar wel voor Adam.

Huidige mense verskil van die mens of wese voor die sesdaagse herskepping. Die herskepping is nie die begin van die skepping nie maar ‘n herstel van wat was.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R279.00 Add to basket
Boertjie

Skrywer: Hannes Deetlefs

 

[kad_youtube url="https://www.youtube.com/watch?v=_hMvQ45n148&list=PLA7U--bKBxQe5Jsd9ZY0q3iSHCQ4koNOL" ]

 

Geagte leser, dit is nou ʼn boek om te geniet, om te herinner, om tot nadenke te beweeg. Die verhaal van die mense van Suidwes en deels van Suid-Afrika van “daardie tye” is hier so noukeurig as moontlik aangeteken. Die feite en daarmee ook die seleksie van temas en gebeure baseer besonders op die baie noukeurige dagboeke, die talle briewe en foto’s van Hermann Deetlefs en Elisabeth Deetlefs-Reimer. Groot moeite is gedoen om so korrek asmoontlik die gebeurtenisse, die emosies, die vrees en verwardheid van daardie moeilike tye weer te gee. Vandag is dit maklik om die genoemde feite per Internet te ondersoek. Natuurlik is daar altyd twee of selfs meer weergawes van hierdie historiese werklikheide: Die wetenskaplik neutrale en die polities gekleurde. Daar is altyd daarna gepoog om die neutrale feite te gebruik, ook dan, wanneer die neutrale feite die een of ander party nie gepas het nie. Baie dinge stem nie meer met die moderne sieninge van vandag ooreen nie, maar, dit is juis waaroor dit gaan: Die minirokkie en nog meer die “skandalige” Bikini was destyds groot nuus, vandag nie. Dit as voorbeeld. Ook is dit ʼn feit dat nie alle bewerings geboekstaaf kan word nie. Baie berus maar op gerugte en bespiegelinge van daardie dae. Dikwels was dit ook maar net gesprekke in die teenwoordigheid van die seun en eie dagboek-aantekeninge wat vir inligting gesorg het.

Persone wat op hul voornaam en van genoem of waar die van met ʼn hoofletter aangedui word, is histories en so ver moontlik korrek weergegee. Persone wat net met voorname genoem word, is histories korrekte karakters en het wel bestaan of is die samevoeging van twee of meer “egte” persone van daardie tyd. Dit geld ook veral vir die lewensverhale van Hermann en Elisabeth Deetlefs self: Daar is net onbelangrikhede weggelaat. Hul goed gedokumenteerde lewensgeskiedenisse is al “storie genoeg” maar tog waar van die begin tot die einde.

Dit is vanselfsprekend dat ook fiktiewe brûe gebou moes word om die informasie sinvol te verbind. Maar ook in die fiktiewe dele is daar gepoog om getrou aan die werklikhede van daardie tyd te bly. Wat dinge geweldig vergemaklik het was dat die “Suidwesters” van daardie dae gewoond was om hewig te redeneer, te praat, te argumenteer. Daar het letterlik niks gebeur wat nie tot in die fynste besonderhede uitgepluis en daar kant gekies is nie. Dit was ook makliker, want die mense het geen televisie gehad nie, nee, hulle het tyd gehad.

Nog ʼn laaste woord oor die gebruik van die Afrikaanse taal: Daar is gepoog om elke individu “sy” of “haar” Afrikaans te laat praat, al was dit nog so plat of foutief. Net by die gebruik van vloekwoorde is daar gepoog om ʼn gangbare middelweg te vind. “Gekruide taal” en woorde wat vandag as polities nie aanvaarbaar geld nie, is so ver as moontlik vermy. Die geneigde leser sal self weet hoe daardie tipe persone, waarop hierdie van toepassing was, gepraat het. In elk geval was dit vir die skrywer, wat self nie vloek nie, ja, nooit gevloek het nie, ʼn ietwat moeilike taak om hierdie middelweg te vind. Dan nog die woordjies soos “sobyso” en “Usikus” wat tog so eie aan die Afrikaans van daardie dae in “Suidwes” was. “Sobyso” kom van die Duitse “sowieso” en beteken “in elk geval”. ’n Afrikaans-sprekende wat in die Republiek die woord gebruik het, het met die woord  onmiddellik  duidelik  gestel  dat  hy  ʼn “Suidwester”  is.  En “Usakos” het net oningewydes gesê. Dit is uitgespreek soos “you-see” in Engels  en “kis” in Afrikaans.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

[btn text="BOERTJIE WEBTUISTE" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://www.checkmyspeech.ch/" target="_blank"]
R299.00 Add to basket
Dèan in top gear

Author: Dick Beets

After my son’s accident I had to give permission that his life support systems be switched off and I was so traumatized that I ended up in a psychiatric hospital. There I learned that suicide is abundant amongst people who experience painful events during their lives. The aim of this book is to give the reader in a fiction fashion an alternative opinion as to why we are involved in hurtful events during our lives. If this book can save only one life, then it was worth the effort. During my studies in trauma
counselling at university I have learnt: “Mental health means making meaning of your life!” The reader will hopefully find meaning for the various ordeals that we all experience.

The story is about a young man (Déan) who lives his life to the full (in top gear) and then tragically dies in a car accident. His family is seriously traumatized by the event (as expected) but after some time father and son start a dialogue which results in this book. Go with Déan on an adventure ride through different dimensions.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

 

R169.00 Add to basket
Terug na die Paradys

Skrywer: Past. J.J. (Kosie) Marais

 

Terug na die Paradys is as’t ware ’n reis deur die Bybel met die bestudering van God se Woord. Dit begin met die Skeppingsverhaal in Genesis; ’n kort geskiedenis oor die mens se eerste sondeval van ongehoorsaamheid wat in kontras geplaas word teenoor Jesus se gehoorsaamheid aan die Vader, asook mens se verantwoordelikhede op Aarde.

Daar word deurentyd klem geplaas op God se verlossingsplan vir die mens om hul voor te berei vir Sy wederkoms. Die verlossingsplan sluit in die nodige herstelwerk vir wanneer ons as verlostes en vrygekooptes eendag voor God gaan staan, en word op ’n maklike en verstaanbare wyse oorgedra.

Terug na die Paradys dien as ’n handleiding wat in drie hoofstukke die Ou Afrikaanse Vertaling van die Bybel saamvat. Daar word klem geplaas op die Blye Boodskap en word elke leser uitgenooi om die Woord van God met vrymoedigheid te lees en met volkome geloofsversekering kan uitsien na die wederkoms en met vreugde en afwagting kan toejuig “Amen, ja kom, Here Jesus!”

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
Die ewigdurende strewe en soeke na die sin van die syn

Skrywer: Theo Smith

 

Die lewenswerklikheid wat hier ter sprake is, vorm deel van die Totale Werklikheid of Syn. In die lewenswerklikheid geld daar bepaalde ordeninge of grense wat daar aan die bestaan of lewe gestel word.

Elke persoon moet aan die werlikheid sin gee, vandaar die vraag na die sin en waarheid van die Syn. Singewing geskied op grond van waardes wat in die kultuur gestalte kry. Gewetensbeslissings kom vanuit die mens se diepste oortuiginge en proklameer sy individualiteit in gemeenskap of relasie met ander mense.

Die grondtrek van die mens se bestaan of syn is dat hy/sy ’n wêreld van verhoudinge, relasies en ’n eie leefwêreld moet ontwerp. Hierdie werklikheidstruktuur bly ongeslote of oop, sodat verabsolutering sover moontlik vermy word. Die mens as eksistensiële wese tree die werklikheid te gemoet.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R99.00 Add to basket
Die psigo-emosionele impak van geboortetrauma – die begin van menslike lyding

Skrywer: Dr. M.G. Bronkhorst

 

Die motivering en dryfveer agter haar jarelange studies was om te verstaan waarom mense is soos hule is en doen soos hulle doen. Haar voorgraadse studies en hoëronderwysdiploma het sy deur Unisa verwerf en daarna ‘n M.A. graad en PhD. by die Universiteit van Pretoria voltooi. Na die voltooiing van haar doktorale studies het sy nog nie by die antwoorde uitgekom nie. Daarna het sy verskeie kort kursusse in verskeie rigtings voltooi maar nog nie die verlangde antwoorde gekry nie.
Hipnose was die uiteindelike antwoord. Eers ‘n kursus in professionele hipnoterapie in Brittanje. Dit het nog nie die vraag beantwoord nie. ‘n Paar jaar se praktiese opleiding en teoretiese studie in gevorderde kliniese hipnose deur en by die Wellness Instituut in Seattle, VSA, het my vraag beantwoord: Die program wat in jou kop is gee vir jou die uitsette (output). As jy dit wat jy voel, dink en doen wil verander, dan moet die program daarvolgens verander deur vas te stel waar, wanneer en hoe die program ontstaan het. Dikwels is dit voor of by geboorte.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R159.00 Add to basket
A plea for the elephants

Author: Kevin Parkinson

 

Over a period of eighty years, between 1979 and 1987, Hong Kong’s mafia-style syndicates, owners of ivory carving factories with no feeling whatsoever for the plight of Africa’s elephants, imported about 4 000 tonnes of ivory from various African countries. This sort of tonnage represented the slaughter of more than 400 000 of African’s elephants. Let us bear in mind that at the time of writing, 2015, that figures sums up to what is now considered left of Africa’s elephants – in all probability even less.

The carnage continues to this every day, with between 25 000 and 30 000 elephants being slaughtered annually by poachers, the killing of elephants outpacing the birth rate. Wealthy king pins connected to Chinese triads control these syndicates that have connections with corrupt government, game development  and custom officials.

Considering that during the 1970’s Africa’s elephant population was approximately 1 500 000, it is obvious that poachers have won the ivory “war”.

Ivory carving factories continue to operate in China and Japan, turning out necklaces, bracelets, rings, chopsticks and other carvings, to be sold in licensed shops. Bull elephants are most sought after by poachers, with the result that breeding bull are becoming fewer and fewer.

During the female’s elephant life – if she lives out her natural lifespan – she may give birth to approximately six calves. They are not prolific breeders: there is usually a gap of six to seven years between each calf.

The world’s largest land mammal, the intelligent and gentle elephant, is in serious trouble. This book tells of the plight of Africa’s elephants and some of the author’s experiences. It is a plea for the elephants.

A Plea for the elephants documentary will be available soon:

[kad_youtube url="https://www.youtube.com/watch?v=FWcWfxAAGoU" ]

 

*The profit generated from this book will be donated to elephant conservation.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R229.00 Add to basket
Teken en Sketswerk vir beginners – Handleiding en Grondbeginsels

Author: Daan van Noordwyk

 

JY KÁN EN SÁL TEKEN, WANT JY WÍL!

Leer om te teken was nog nooit makliker as met Teken en Sketswerk vir beginners – Handleiding en Grondbeginsels, nie.

Skrywer en kunstenaar Daan van Noordwyk se boodskap is baie duidelik: ALMAL KÁN EN SÁL TEKEN, WANT HUL WÍL TEKEN, nadat hy hulle sistematies met sy jare lange ondervinding begelei en onderrig om die mees basiese en praktiese vaardighede en tegnieke van skets en tekenwerk te bemeester.

Die boek:

  • voorsien ’n ideale, insiggewende en leersame beginpunt vir alle nuwe kunstenaars
  • bied ’n vars, kreatiewe en inspirerende oorsig vir gevorderde kunstenaars
  • wys jou hoé jy die ontdekking en ontginning van die plesier van tekenwerk met uitgebreide, verstaanbare stap-vir-stap tegnieke en metodes kan bemeester
  • ontbloot verstaanbare hulpmiddels om dit wat jy waarneem effektief te kan neerpen om ’n realistiese tekening te skep(teken wat jy sien)
  • inspireer jou met sistematiese motivering om jou teken kreatiwiteit ’n hupstoot te gee met behulp van praktiese oefeninge
  • deel leersame hulpbronne ten opsigte van: tekengereedskap en materiaal, vorms, maniere van teken, ontdek jou eie styl, lig/donker/skaduwees, illusie van diepte/teksture, praktiese raad en geheimpies, inspirasie, die muse en doeltreffende brein vaardighede.

Begin vandag nog jou reis na ’n vervulde teken ervaring en verander jouself van daardie “stok mannetjie denkwyse” tot ’n selftevrede kunstenaar.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R289.00 Add to basket
A practical self-healing guide for depression, OCD, PTSD and grief

Author: Jerry Seventeen

In this book lies a powerful message I’ve discovered over and over. This book has the potential to change your thoughts, your actions and your life. Change can be fearful, but sometimes it is for the best. A small start and a small step in the right direction are sometimes just what we need. Sometimes we need a helping hand to show us the right way. This book can be the road map you need and the stepping stone to healing.

This book is for those who are still fighting no matter how many times you’ve been hurt and broken, for those who don’t know where to turn, for those who need encouragement, for those in desperate need of support, for those with a deep unsolved hardship and for those who made the choice to heal.

Our journey of healing is different, but the path we all travel on is the same. We’re all on life’s path and on the path of healing. Some of us are still trying to stand up and others are walking and running on the path. Everybody’s stop signs and challenges are different. Sometimes we need a helping hand… Let me take you forward in your quest and then I will let you go to see you finish your journey with determination, power and strength.

My vision for this book is to give support to all in need. With that, I want you to find yourself, your disorder, your support and the unlimited power within your soul. To heal stays the most important goal for all of us.

Support is almost a basic need in the world we live in. Put yourself out there for the people you love most. It’s free and it’s one of the best ways to change your life and to change someone else’s life. Phone someone, talk to someone, open your heart, leave an open invitation for someone in need and start another healing journey of your own… Pay this forward.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

R189.00 Add to basket
Naby aan God

Skrywer: Hennie Viljoen

 

“…Ek het jou lief gehad met ‘n ewige liefde…” (Jeremia 31:3)

                                                                                                                                                                           

Wat maak dat Paulus skryf dat al wat hy begeer is om Jesus te ken? Kan dit wees dat hy iets in Jesus ontdek het wat “godsdiens” vir hom in “verhouding” verander het? Kan dit wees dat hy intimiteit ontdek het met Jesus wat sy lewe so vervul het, dat hy ook skryf dat hy alles as waardeloos beskou in vergelyking met die kosbaarheid van sy verhouding met Jesus?

Kan dit ook wees dat Jesus iets in ons sien wat Sy hart so roer met passie dat Hy voel soos Salomo in Hooglied voel oor sy bruid? Is dit moontlik dat God ‘n diep begeerte het om intieme verhouding met mense te deel, maar dat Hy ook ‘n kwesbaarheid het wat Sy hart diep kan verwond wanneer mense Hom minag?

Toe Jesus gesterf het, het die voorhangsel in die tempel geskeur om verhouding moontlik te maak. Volle toegang tot die Vader se goedkeuring en liefde is nou moontlik vir elke mens, deur wat Jesus gedoen het.

Naby aan God breek waarhede oop vir die leser om te ontdek dat ons verhouding met God ‘n opwindende en diep vervulde avontuur kan wees, in plaas van dooie Godsdiens wat uit rituele en verpligtinge bestaan.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

R139.00 Add to basket
Tweesprake vir Eisteddfods

Skrywer: Helene Visagie

 

Uiteindelik! Die skatkis aan die einde van die Eisteddfod-reënboog! Tussen hierdie 27 humoristiese tweesprake kan jy kus en keur om enige beoordelaar te beïndruk.

Wat elke tweespraak baie spesiaal maak, is dat dit ten volle geblokkeer (“plot”) is en ook oor ’n paar wenke beskik oor waarna om op te let of slaggate wat vermy moet word. Die speelarea is skematies voorgestel en die bewegings met letters aangedui. Elke mamma, juffrou of toneelliefhebber kan nou ’n professionele werk lewer.

Die bonus is beslis die 4 gedramatiseerde prosas wat ingesluit is. Alhoewel daar baie uitstekende prosas beskikbaar is, is die blokkering daarvan meestal problematies en hier het jy die hele pakket!

Humor is die lewensgeur waarmee ons die frank van seer uittrek, die bitter van teleurstelling verbloem en die suur van alleenheid versoet. Met hierdie humoristiese werke is leerders nie meer slegs tot die Eisteddfod-sale gedoem nie, maar kan hul die vreugde ervaar om mense te vermaak en te laat lag by ouetehuise, damestees en selfs boereverenigings.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
Wandeling deur die Woord

Skrywer: Past. J.J. Marais

 

Die skrywer neem die leser op ’n wandeling deur die Woord van God met treffende samevattings wat op ’n maklik verstaanbare wyse ’n boodskap uit gunsteling tekste en stories vir die moderne mens haal, wie se dagboek propvol aktiwiteite en verpligtinge is.

Daar word versigtig te werk gegaan om die boodskap nie te swaar en ingewikkeld te maak nie, maar eerder om die Woord van God tot die leser te laat spreek. Enige gelowige het ’n daaglikse wandeling deur die Woord van God nodig, en kan ’n stil oomblik van ’n paar minute gebruik om die wonder van die Woord deel van hul lewe te maak.

Dis skrywer se jarelange ondervinding in die bediening word hier gebruik om die boodskap en betekenis nader aan mense te bring. Die skrywer gee hiermee die paar skoene om deur die Woord van God te wandel as een van sy lewensbegeertes om God te dien en om vir ander die weg makliker te maak.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R109.00 Add to basket