Fientjies

Skrywer: Maureen Champion

 

Fientjies is in matriek. Sy dra winter en somer n trui en trek dit nooit uit nie. Fientjies wil ook nie hê dat haar juffrou Natasha haar voor haar huis af laai nie. Wat is die probleem? Gaan die dierbare ouma Rosie haar kan help? Ouma Rosie wat parfuum spuit en haar hare kam voor sy die telefoon beantwoord.

Fientjies se verhaal is n lekker leesboek met baie lag en trane. Julle sal van die kleintjies se sêgoed gou en op die dierbare ouma Rosie verlief raak.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R149.00 Add to basket
Tweesprake vir Eisteddfods

Skrywer: Helene Visagie

 

Uiteindelik! Die skatkis aan die einde van die Eisteddfod-reënboog! Tussen hierdie 27 humoristiese tweesprake kan jy kus en keur om enige beoordelaar te beïndruk.

Wat elke tweespraak baie spesiaal maak, is dat dit ten volle geblokkeer (“plot”) is en ook oor ’n paar wenke beskik oor waarna om op te let of slaggate wat vermy moet word. Die speelarea is skematies voorgestel en die bewegings met letters aangedui. Elke mamma, juffrou of toneelliefhebber kan nou ’n professionele werk lewer.

Die bonus is beslis die 4 gedramatiseerde prosas wat ingesluit is. Alhoewel daar baie uitstekende prosas beskikbaar is, is die blokkering daarvan meestal problematies en hier het jy die hele pakket!

Humor is die lewensgeur waarmee ons die frank van seer uittrek, die bitter van teleurstelling verbloem en die suur van alleenheid versoet. Met hierdie humoristiese werke is leerders nie meer slegs tot die Eisteddfod-sale gedoem nie, maar kan hul die vreugde ervaar om mense te vermaak en te laat lag by ouetehuise, damestees en selfs boereverenigings.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
Vellies en Foefies in ‘n Skoolkantoor

Skrywer: Letsie Tukker

 

Vellies en Foefies in ’n Skoolkantoor sal beslis jou lagspiere prikkel met interessante staaltjies oor die kaskenades en kaperjolle wat hulself afspeel in die kantoor van ’n skool, soos vertel deur ’n ware skoolkantoor-tannie.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R139.00 Add to basket
Ditsem vir Kotiljons

Skrywer: Dr. Johannes van der Merwe

Dr. Johannes van der Merwe het as predikant ryke ervaring met mense oor dekades heen opgedoen, maar hy verkies om die fiktiewe aspek daarvan te beklemtoon deur onder sy noemnaam, Dunes, te skryf.

Al is die karakters denkbeeldig spreek hy namens húlle die wens uit om op jou volgende vakansie saamgeneem te word. Omdat hulle van mening is dat hulle tot die plesier daarvan kan bydra. Hulle sien wel die lewe soms as ’n probleem, ja, maar ’n probleem wat wag om opgelos te word, miskien met ‘n titseltjie humor waar nodig!

Alhoewel in die verhale lewenswerklikhede aan die orde is, vermy hy doelbewus om lesers met die absurde besig te hou.

Mag die leser eerder geïnspireer word om menigmaal geselskap op te fris met, ‘Ek het êrens gelees dat…’ en so blywende waarde ervaar van die verhale wat in die bundel opgeneem is.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
Oepse Daisy

Skrywer: Adellé von Rönge Kotzé

 

Daisy du Pont, rykmansdogter, bedorwe brokkie en diva van die eerste waters kom letterlik haar moses teë terwyl sy op pad is na Australië. Sy word ontvoer, geleende klere gegee om aan te trek en vrywillig verplig om saam met krokodille te swem.

Asof dit nie genoeg is nie, moet sy kaalvoet vir haar lewe vlug saam met ‘n man wat net weet hoe om haar snare te speel. Die cherry op die koek is toe sy ‘n nag saam met ‘n paar geraamtes moes deurbring.

Op hierdie wilde nagmerrie van ‘n avontuur leer Daisy haar ware self ken en word sy geleer om haarself lief te hê met foute en al, maar leer sy ook om waarlik te glo.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R169.00 Add to basket
Humor- en Troosbeskuit

Skrywer: Susan Loftus

 

Susan gee ons raad oor hoe om blou Maandae, geen melk in die yskas en Eskom se loadshedding te hanteer deur alles in ’n stewige omhulsel van humor te plaas.

Prettige leesstukkies oor die realiteite waarmee ma’s en huisvrouens worstel. Dip elke dag ‘n humor- of troosbeskuitjie in jou koffie en voel goed oor jouself.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R59.00 Add to basket