NOSTALGIESE STORIES UIT NAMAKWALAND deur Willem Agenbag

Skrywer: Willem Agenbag

Willem Agenbag, die skrywer, is gebore op sy plaas Kameelboom in die hartjie van Namakwaland.  Hy het sy skoolloopbaan voltooi in die skilderagtige dorpie Kamieskroon, waarna hy sy tersiêre studies buitemuurs gedoen het.  Hy het na sy loopbaan as Hospitaalbestuurder, afgetree in Durbanville.

Willem het reeds twee boeke getiteld, “Kort stories uit Namakwaland” en `n roman “Ek roep na jou oor die see,” uitgegee.  Hy skryf oor die wel en wee van sy hartland, maar meer oor die humoristiese en nostalgiese stories van weleer van die wonderlike mense in daardie geweste.

In hierdie opvolgboek van hom, “Nostalgiese stories uit Namakwaland,” vertel hy met nog meer entoesiasme van die stories uit die wêreld wat hy so hartstogtelik liefhet.

Willem skryf tans aan sy vierde boek, nog `n roman, “Die seewind fluister ons liefde.”  Dit behoort vroeg in 2017 klaar te wees.

R139.00 Add to basket
Kort verhale

Skrywer: Alta Naomi Venter

Sommige lesers vind die kortverhale kort en kragtig. Lekker vining om te lees. Sommige van die verhale is met humor, andere nogal opbouend, maar tog ook hartseer. Leersaam sou ek se. Interessante verhale wat jou laat dink.

 

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

 

R159.00 Add to basket
Kort stories uit Namakwaland

Skrywer: Willem Agenbag

 

Die skrywer is ’n gebore Namakwalander wat oor die wel en wee van sy geboortewêreld skryf met deernis oor die swaarkry om daar ’n lewe uit te beitel. Maar hy bring ook fyn humor na vore oor die lewe van daardie mense wat die swaarkry met lekkerkry klaarkry.

Namakwaland se mense het harte van goud en sal hul laaste Rand weggee om gasvryheid te betoon. Soos die tannie wat vir ’n besoeker gesê het: My kind, ek kan jou nie iets te ete aanbied nie, want ek het niks in die huis nie, maar ek wil dit graag met jou deel.

Die mense van Namakwaland se taalaksent is kostelik en gevolglik dra dit by om pragtige stories te vertel. Daar gaan ’n storie rond wat lui dat wanneer jy in Namakwaland beland, jy twee keer huil. Wanneer jy daar aankom en wanneer jy weggaan.

Namakwaland se mense het unieke stories om te vertel oor unieke mense. Die skrywer bondel dit saam in ’n potpourri van leesgenot.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"] [btn text="Tygerburger review and interview" tcolor=#FFF bcolor=#999 thovercolor=#FFF link="http://www.netwerk24.com/ZA/Tygerburger/Nuus/nostalgie-kry-uiting-in-twee-boeke-20160726" target="_blank"]
R139.00 Add to basket
Openbaringe

Skrywer: Piet Schoombie

 

Hierdie bundel bevat dertig lekkerlees kortverhale oor ’n verskeidenheid onderwerpe en situasies. Die verhale verteenwoordig die keur van die skrywer se heel beste stories wat hy oor vyftien jaar gepubliseer het. Die stories is nie net interessant, opwindend en spannend nie, maar poog ook om lesers positief te motiveer en om allerhande sosiale probleme van die moderne samelewing aan te spreek. Daar is ’n klompie Bybelse verhale asook temas van verslawing, besoedeling van die natuur, stroping van natuurbronne en van misdaad in verskillende vorme. Die stories strek vanaf die see tot die binneland, vanaf ’n begraafplaas tot ’n universiteitskampus. Die bundel se karakters is Bybelse figure en ander uiteenlopende rolspelers soos grafskenders, perlemoenstropers, rowers, plaasbewoners, skrywers, skilders en wetenskaplikes. Elke verhaal is voorwaar ’n Openbaring van die een of ander aard!

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
Verneukspul

Skrywer: Ronald Brand

 

Die manuskrip kortverhale onder die titel: Verneukspul handel met die daaglikse wedervaringe van die mens in ‘n wêreld wat hy vir homself geskep het – en nie na behore kan beheer nie.

Die verhale spreek die huidige Suid-Afrika aan, asook die tydperk toe menige van ons jongmense, die skrywer inkluis, grensdiens verrig het. Daardie sielkundige letsels is nóg daar. Ook is daar verwysing na die bonatuurlike, die invloed van toeval, en les bes owerspel.

Alhoewel talle van die insidente soos in die verhale uitgebeeld word, wel in een of ander vorm die lewe van die skrywer verryk het, word verklaar dat gebeure en karakters in die verhale fiktief is.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R119.00 Add to basket
Kattekwaadstreke

Skrywer: Madelaine Palmer

 

Vaatjie en Plaatjie by op ’n plaas net langs Karel. Steentjie Drakie loer al dae lank vir Karel af. Steentjie Drakie wil so graag ’n maatjie hê. Hy word vreeslik kwaad as hy sien hoe Karel geboelie word.

Op ’n dag besluit Steentjie Drakie tot hiertoe en nie verder nie. Kom lees verder saam met Steentjie Drakie om te sien hoe hy teen die boelies opgestaan het.

***

Die in die donker woud het twee hekse gewoon. Rooltjie was die vriendelike heks en Biablo was die stout heks. Biablo het daarvan gehou om goggas en paddas in haar sop te gooi.

Eendag besluit Biablo om ’n sop te maak en ’n haas in te gooi. Al probleem was dat Biablo nêrens ’n haas kon kry nie.

Baiblo ontmoet die Oranje Heks wat in die woud bly. Oranje Heks het ’n geheime agenda en beloof om vir Biablo ’n haas te gee as sy Biablo se groot swart pot mag leen.

Dink julle die Oranje Heks het vir Biablo haar haas gegee?

***

In the dark forest lived two witches. Ruth was the friendly witch and Biablo was the naughty witch. Biablo liked to mix bugs and frogs in her soup.

One day Biablo decided to make a soup with a rabbit. The only problem was that Biablo could not find a rabbit anywhere.

Baiblo met the Orange Witch who lived in the woods. The Orange Witch had a secret agenda and promised to give Biablo a rabbit if Biablo let her borrow her big black pot.

Do you think the Orange Witch gave Biablo her rabbit?

***

Vlerkie Vlermuis het saam met sy pa, ma en suster in die groot Jakarandaboom in die bos gebly. Maar Vlerkie het ’n groot geheim gehad…

 

MET INKLEURKYTE EN INKLEURBOEK

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R129.00 Add to basket
Die Avonture van Grombeer

Skrywer: Gerhard Coetzee

Hardus is ‘n vyfjarige seuntjie wat in sy droomwêreld ‘n dapper kryger, genaamd Grombeer, is. Hy word bygestaan deur sy maatjie en oppasser, die twaalfjarige Saartjie, wat die selfde drome droom as hy en dus die selfde avonture beleef. Grombeer word beskerm deur sy towerhoed wat hom onkwesbaar maak en met sy klankswaard is hy ‘n gedugte vegter. Saartjie staan hom by met haar wenswoord en die hop-en-klouter wat haar in staat stel om reuse spronge te maak en om enige boom of krans te beklouter. Hulle woon op die plaas Haasrivier in Likkewaanshoek, omring deur berge en deurkruis deur die Haasrivier wat in die Brandermeer vloei.

Grombeer, dapper kryger, beskermer van dit wat goed is en bewaarder van die natuur en Saartjie, sy adjudant, tree op teen indringerplante en diere en help om wanbalanse in die natuur rondom hulle reg te stel. As teenstanders het hulle ondermeer Wortelknoetse, Kransmanne, Kernoster Kerboster, Sander die Sandman, die Bergheks (eintlik die beskermer van die bergreeks) en les bes die Donker Mens. Om hulle by te staan is daar ondermeer Padakra die Paddakraai, Mammar, Die Klipdwerg, die Ouvrou van die Bos en die Goeie Wese. Hulle kry te doen met, ondermeer, die Rivierdassie, die Akkerbouter, die Krokkelmander en die Groot Netel. Soos ‘n goue draad is daar ook die invloed van die oupas, Mammielief en Grombeer se pappie.

Tydens ‘n groot partytjie by die Ouvrou van die Bos se huisie loof sy vir Grombeer en Saartjie en sê dat dit aan hulle te danke is dat daar nou vrede heers in Likkewaanshoek. Grombeer onthou dat sy ander oupa altyd sê dat kommunikasie belangrik is en hy dink dat daardie groot woord is presies reg vir al die bewoners van Likkewaanshoek. “Ons het julle maar net met mekaar laat praat,” sê hy beskeie.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R129.00 Add to basket
Ditsem vir Kotiljons

Skrywer: Dr. Johannes van der Merwe

Dr. Johannes van der Merwe het as predikant ryke ervaring met mense oor dekades heen opgedoen, maar hy verkies om die fiktiewe aspek daarvan te beklemtoon deur onder sy noemnaam, Dunes, te skryf.

Al is die karakters denkbeeldig spreek hy namens húlle die wens uit om op jou volgende vakansie saamgeneem te word. Omdat hulle van mening is dat hulle tot die plesier daarvan kan bydra. Hulle sien wel die lewe soms as ’n probleem, ja, maar ’n probleem wat wag om opgelos te word, miskien met ‘n titseltjie humor waar nodig!

Alhoewel in die verhale lewenswerklikhede aan die orde is, vermy hy doelbewus om lesers met die absurde besig te hou.

Mag die leser eerder geïnspireer word om menigmaal geselskap op te fris met, ‘Ek het êrens gelees dat…’ en so blywende waarde ervaar van die verhale wat in die bundel opgeneem is.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
My Colourful Bouncy Ball & Two Short Stories

Author: Najuwa Fortune

 

My Colourful Bouncy Ball consists of two short stories which was told by a grandma to entertain and educate small children. It is written in such a way that any parent or caregiver can use it to read a short story at the level where small children can appreciate it. Najuwa shares her knowledge and experience with readers of all ages.

It comes with FREE colouring crayons!

 

[btn text="Bulk orders / Book stores" tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R79.00 Add to basket
An Airtight Alibi

Author: Pieter van Eeden

 

These twelve stories are all easy to read. Most of them have a bit of a ‘twist in the tail’. Apart from these two facts they have very little in common. A wide spectrum of themes is incorporated. Whilst some of the stories are light hearted reading, others may invoke a bit of melancholy. Some are pure fantasy whilst even a subtly hidden ghost makes its appearance. The title story has extortion and worse crimes as its theme. A step in time is miles removed from anything Stephen Hawking had in mind. Throughout however, the author made a serious effort to provide his readers with enjoyable reading.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

[btn text="Contact page for book stores and bulk orders" tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R129.00 Add to basket
Die Roete van die Noodlot

Skrywer: Cobin Botha

 

Die bundel is saamgestel uit vyf kortverhale wat op eie bodem afspeel met mense van vlees en bloed, wie se lewens bepaal word deur die noodlot, omstandighede en liefde.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R129.00 Add to basket
Matchbox full of Diamonds

Author: Bernice De Lucchi

 

“This collection of short stories has a marvellous South African flavour. De Lucchi spins an entertaining yard, often surprising her reader with deliciously wicked endings.
The 27 stories bite-sized and make for quick, indulgent bursts of reading. From scorned women and mistreated children, to lonely spinsters and fed-up teens, De Lucchi’s stories are populated by interesting characters, most of whom get what’s coming to them, and few foe whom you can only hope the best.
A common thread which appears throughout is vengeance, with murder and abuse being recurring themes. Her women are mostly strong-willed at times it’s commendable and others exasperating.” – Cape Times, 22 May 2015

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R169.00 Add to basket