SCARS by MALEEHA BISMILLA

“Be your own character, because this is my story as much as it is your own.”
Nothing is more exciting than reaching your senior year, but for Scarlett Moore it is everything but. Grappling with her mother’s death a few years earlier, she faces her monstrous stepmother, careless father and unhelpful brother with no coping mechanism.
Enter Dominic Kain. A new student in her English class whose mystery matches secrets worth dying for. Living with his best friend Kristopher, Dominics family and past remain ambiguous, leaving Scarlett wanting to know more.
Drawn to Dominics secrets, Scarlett creates a sanctuary in their home, but at what cost?

R269.00 Add to basket
TANJA deur Francois Stemmet (e-boek weergawe)

Skrywer: Francois Stemmet

AFLAAIBARE E-BOEK

Liefdesdriehoeke. Familietwis. Desperaatheid.

Tanja Naude het nooit gedink dat sy en Graham Bradley verlief sou raak nie, maar wat sy nog minder verwag het, is dat haar ma, Celia Naude wat so gesteld is op sosiale status, hierdie gesiene dokter sou afkeur as aanstaande skoonseun.
Wat Tanja egter nie weet nie, is dat Celia Naude ’n donker geheim saam met haardra, en sy sal alles in haar vermoë doen omTanja se toekoms met Graham Bradley in die wiele te ry.

De Waal, Tanja se broer, is verlief op Sonja, maar sy het net oëvir Graham en salenigietsdoenomhaarkloue in hom in teslaan; selfstekonkel met MevrouNaude …
Tanja soek toe vlug op al die verkeerdeplekke, en depressie sak oor haar soos ’n donkerwolk. Sal sy daaruit kan ontsnap, of gaan haar moeder se gekoesterde wrok haar dogter se lewe ook verwoes?

 

[btn text="GEDRUKTE WEERGAWE" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://booksdirectsa.com/product/tania/" target="_self"]

 

R99.00 Add to basket
DISAPPEARED – by Malise van Sittert

Author:  Malise van Sittert

Crystal White, one of the most popular kids in school, soon learns that life can take some unexpected turns.  Stolen from her life with many questions unanswered, She must now face an entire new world unknown to most.  Above all, she needs to adapt to living with five guys…five criminals.  That’s not so bad is it?  Well when you start getting involved in their problems then it certainly is.  Can she escape?  Actually, the question is does she want to?  Can love really overcome all things?  So many questions, so few answers.

 

Malise van Sittert, an inspiring young writer!  She already started writing this book at the age of 14.  As her Afrikaans HL teacher (Gr. 9), I’ve enjoyed her essays a lot, she proved to be a writer in her own right.  Her imagination, experiences and devotion to writing proved that her writing skills only improved by the day.  I am honoured to have been part of her life.  With her mother, Dorette van Sittert’s inspiration, I believe Malise will soon be one of the best young writers in South Africa.  Now at the age of 15, she has made me a proud teacher and I am so proud to have been part of her inspiration.  Malise, I know you will be one of the best writers South Africa has ever produced.

-Ms. Louisa Pretorius

R159.00 Add to basket
Miggie en die Ysterperdman

Skrywer:  Sara Francis

Miggie is onder die “Waterdraer Sterreteken” gebore en haar vriendelike en behulpsame, dog halsstarrige geaardheid pas so reg in die kraal van `n tipiese mensgeoriënteerde Waterdraer.

Nadat Bertie, die groot liefde van haar lewe, haar gelos het vir `n ander meisie het Miggie geswèèr sy sal nòòit weer `n man in haar lewe toelaat nie; veral nie in haar hart.  Sy is heeltemal tevrede om eerder `n gelukkige oujongnooi te word.  Sy hèt mos haar kat, Skatlik, vir geselskap!

Maar dan kom trek die aantreklike, nuwe buurman met sy steekhaarbrak en sy ysterperd in en van dag een af is die hêrrie behoorlik los tussen hulle twee.  Selfs die kat en hond is gedurig aanmekaar en daar is net mooi geen vrede meer nie.

Om dinge nog meer gekompliseerd te maak, hoor sy weer uit die bloute van Bertie en wil hy haar na al die maande terug hê.  Intussen begin haar hart om een of ander rede wild klop as sy net die ysterperdman gewaar.  Die arme Miggie weet nie links of regs nie en gaan maar kort-kort by die “Waterdraer” om hulp en leiding aanklop.  Was hy dan nie reg destyds toe hy haar gewaarsku het oor “die lelike slang in die gras nie” en sy nie geluister het nie?  Nou staan daar weer `n wolf in skaapsklere voor haar deur!

Sal sy uiteindelik uitvind wiè die regte wolf is en sal Venus, die planet van liefde, haar genadig wees en weer liefde en romanse in haar lewe bring?

Sara Francis is van die diamantstad Kimberley in die Noord-Kaap en het in die klein dorpie, Douglas, grootgeword en skool gegaan.  Sy het twee seuns en `n dogter en is ook die trotse ouma van vier pragtige kleinkinders.  Sy was voorheen betrokke by haar man se onderneming, maar nou `n voltydse skrywer.  Sy is lief vir die buitelewe, doen naaldwerk en skilder ook graag, maar skryf was nog altyd haar grootste passie.  Miggie is die eerste van baie boeke wat nog gaan volg.  

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R139.00 Add to basket
Vondeling

Skrywer:  Piet Schoombie

Hierdie is die aangrypende verhaal van ’n babaseun, wat op ’n sypaadjie gevind en by `n kinderhuis ingeneem word.  Hoewel die vondeling daar goed versorg word, moet hy meesal op sy eie instinkte en fisieke vermoëns staatmaak om vir homself ’n plekkie in die son te verseker. ’n Groepie simpatieke volwassenes help hom waar hulle kan, maar daar is ook ’n paar skurke wat hom wil uitbuit en hulle ten koste van ’n weeskind wil verryk! Tussendeur ondervind hy die opwinding van mededingende sport en die ekstase van eerste liefde vir twee verskillende skoonhede, die blonde rykmansdogter en die pragtige hoofmeisie van die hoërskool. Daar is ook die vondeling se voortdurende soeke en verlange na sy biologiese ouers.

As volwassene word hy ’n suksesvolle beroepsgholfspeler wat groot geld op die gholfbane van Europa verdien. Dit plaas hom in ’n voortdurende stryd om Mammon op so ’n  wyse te hanteer dat dit nie sy hele bestaan oorheers en dalk verwoes nie. Soos gewoonlik die geval met internasionale sportsterre, is daar ’n oorvloed lede van die skone geslag, wat ’n ogie op hom het, terwyl die ware liefde van sy lewe hom steeds bly ontwyk. Die skurke van sy jeugjare is ook bedrywiger as ooit en probeer miljoene rande van hom afpers. Hierdie geurige mengsel van sport, geld, misdaad en romanse sorg vir volgehoue spanning en heerlike opwinding.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R220.00 Add to basket
Whirlwinds, Tumble Bush and Barlinka Rain

Author:  Andre van Wyk

Andries Verster left school at a very early age and travelled to Kimberley to find fame and fortune at the diamond diggings. With the outbreak of the Anglo-Boer War, Andries got caught in the crossfire even though he remained neutral and was accused by the British of being a Cape Rebel and sent to St Helena. With his release in 1910, he was next in line to inherit the family farm in the Hex Valley.

Hannes, the third son of Andries, refused to be drafted for WW2 and instead he joined the Ossewa Brandwag. When the Union Government clamped down on the OB, Hannes was also arrested and forced to work on government projects rebuilding structures destroyed by the OB’s militant wing, the “Stormjaers”. After his release, Hannes and two of his siblings decided to go north and settled on the farm his father was forced to abandon 40 years earlier. With hard work and determination they restored the farm to its former glory but also found themselves up to their necks in debt and the bank ready to claim the farm as collateral. Then, out of no-where, a stranger came to their rescue and offered them an opportunity they could not refuse.

Hannes married the daughter of an ex-British officer of the Anglo-Boer War in spite of language, religious and political differences. When Paul, their adopted son, got involved in an interracial love affair against the government’s segregation laws, he had the support of his mother against the will of his father, a staunch supporter of the ruling National Party. Unknown to the two lovers, a local girl whose advances were rejected by Paul, devised a devious plan to break up Paul’s illegal affair across the colour boundary. Unfortunately, the solution to Paul and Becky’s dilemma came too late to prevent a tragedy.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R229.00 Add to basket
Splintertjie

Skrywer:  Johan Pretorius

Hannetjie is ʼn eensame skooldogter wat bevriend raak met hulle nuwe bure se seun. Na ʼn besering noem hy haar sy Splintertjie.

Sy sien haarself as onaantreklik, maar met oefening en die ontwaking van haar hormone ontwikkel sy in ʼn baie aantreklike jong dame.

Sy ontdek seks en raak seksbehep. Sy soek ook na “werklike seks” met ‘n regte man.

Haar soektog neem haar deur diep donkertes tot sy as pasiënt in die hospitaal se intensiewe eenheid beland.

Sy leer dat daar nie ʼn verskil is tussen brutale mans en sogenaamde hoogaangeskrewe figure in die samelewing is nie. Hulle aanslag en doel met dames is dieselfde, net hulle manupileringstegnieke verskil.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R159.00 Add to basket
Die seer van gister

Skrywer:  Maritza Visser

Martie het die wêreld aan haar voete gehad. Sy het haar lewe op die plaas en die mense in haar verlede agtergelaat
om haar eie toekoms te bou. Na haar pa se dood het Martie probeer om van die verlede te vergeet sodat haar pa se dood nie so seer moet
maak nie. Die verlede kom soos ‘n skim voor jou staan en soms vergeet jy die belangrikste persoon. Sy het haar ridder op die wit perd
aan haar sy gehad en ‘n goeie werk met ‘n beeldskone see-uitsig. Totdat die onvergeetlike haar soos ‘n vuishou in die gesig slaan en haar lewe oornag verander. Toe maak sy weer kennis met die verlede…

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R119.00 Add to basket
9:45 southbound train to London

Author: Janet Wilson

“This story is set in and around Penrith, Gateway to the English Lake District in the county of Cumberland, at the time when Westmorland and Cumberland were two separate counties, and I was a small child. Imagine a truly magical summer place, just not so completely magical that it sounds too impossible to be possible? Where green, green grass, dotted everywhere with tiny daisies, buttercups and forget-me-nots, blue skies with wispy clouds that could change in a moment, to dark skies and rain drops. Imagine hedgehogs having their own footpaths and dedicated traffic signs asking you to take care, when they crossed the road. Being able to ride your bicycle (or someone else’s pony), without fear of being accosted, or kidnapped, or even worse, a few miles from your home. The Lake District, home to Wordsworth and daffodils, Samuel Taylor Coleridge, Beatrix Potter and Squirrel Nutkin, and a childhood that cannot be surpassed.”

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

R139.00 Add to basket
My Liefde vir Skuilklip

Skrywer: Jan von Benecke

As die aantreklike en knap Dr. Daniël von Maltitz voor die Mediese Raad gedaag word vir nalatigheid, dink hy sy wêreld het tot ’n einde gekom. Min weet hy dat dit maar net die begin van die volgende hoofstuk in sy lewe is… en die afsluiting van ’n groot geheim in sy bejaarde moeder se lewe.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R159.00 Add to basket
Ek roep na jou oor die see

Skrywer: Willem Agenbag

 

Die pragtige Mari Viljoen se lewe stort byna in duie nadat haar man onverwags in ’n vliegongeluk sterf. Haar jeugvriend, Wynand en haar wonderlike vriendin van skooldae, Carla probeer om haar te troos in dié donker tyd.

Dit is egter Mari wat uit die bloute ’n pos as geselskapdame vir ’n aristokratiese dame in Brienz, Switserland aanvaar. Dié Duitssprekende dame wat eintlik van Franse afkoms is, madame Bouvier, en haar seun Gunther, woon al baie jare hier in die klein dorpie Brienz wat binne ’n Duitsprekende kanton van Switserland val. Mari raak totaal verlief op die Brienzerzee, een van Switserland se heel mooiste mere. Dis ook teenaan hierdie pragtige meer wat die herewoning van dié ryk Duitse familie geleë is.

Mari vind wonder bo wonder weer heling van haar gewonde hart. Sy sou ook uitvind dat haar verblyf in Switserland nie altyd verloop soos sy verwag nie.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"] [btn text="Tygerburger review and interview" tcolor=#FFF bcolor=#999 thovercolor=#FFF link="http://www.netwerk24.com/ZA/Tygerburger/Nuus/nostalgie-kry-uiting-in-twee-boeke-20160726" target="_blank"]

 

 

 

R139.00 Add to basket
Op die vlug van die voëls

Skrywer: Frans Calitz

 

Geskryf na aanleiding van die onlangse gebeure rondom hofsake, kindermishandeling en veral die aanslag op die vrou.

Die verhaal gaan oor die lewe van ’n getroude vrou wat deur haar man mishandel word. Gebeurtenisse wat sy as kind ervaar het, kompliseer ook haar lewe en sodanig dat sy toemenend haar eie kammawêreld betree om van die werklikheid te ontsnap, deur die dae te worstel en as wraak vir op die verlede en haar eggenoot.

Die vrou (sy) het as kind in ’n pastorie grootgeword; aanvanklik gelukkig en geborge tot die dag dat haar ma deur haar pa se kantoordeur se sleutelgat geloer het. Toe loer sy ook. Dit is waar alles verander het. Die gesig aan die anderkant van die sleutelgat het saam met ander ervarings diep in haar verstand vasgeslaan en eers later in haar lewe na die oppervlakte gekom. Sedert die sleutelgat-episode was haar lewe een lang stryd. Die mense in haar lewe het haar baie teleurgestel – ditto vir die godsdiens waaraan sy sedert kindsknie onderwerp was. Haar latere huwelik was haar reddingsboei  – maar dit was van korte duur. Die huwelik het gou verbrokkel, maar daar was nêrens heen om te gaan nie  toe lewe sy maar haar eie lewe.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R129.00 Add to basket
Vrou in die skadu

Skrywer: Toy Martin

 

Karolien (Kara) Barnard ontmoet die donker en misterieuse Len du Buisson op ou Kersaand. Na ’n stomende aand van liefde verdwyn sy die volgende dag toe sy besef wat hulle gedoen het.

Na ’n paar maande van vrugtelose soek, spoor Len spoor haar op en ontdek dat sy is swanger is met sy kind waarby hulle besluit word om in die huwelik te tree.

Etlike maande van getroude lewe begin Kara snuf in die neus kry dat Len se slinkse eks-verloofde, Liana weer ’n verhouding met Len het.

Troosteloos vlug Kara na die see waar Len haar op rotse met moeite probeer oortuig dat hy steeds lief is vir haar. Gaan Kara swyg en die adonis vergewe vir sy ontrouheid?

Vrou in die skadu beloof om die leser om elke hoek en draai te verras.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
Elke engel het ‘n verlede, elke duiwel ‘n toekoms

Skrywer: Naomi-Marie Smith

 

Emma en Lenie besluit op ’n uitstappie na die Ceresberge. Emma raak weg in die digte mis en weens omstandighede word die soektog na ’n paar weke afgelas.

Intussen vind Siela, wat op ’n kleinhoewe bly, ’n beseerde vrou in ’n rotsskeur. Die vrou lei aan geheueverlies. Siela neem haar in die geheim onder haar vlerk en sy bly onbepaald by Siela in haar werkershuisie.

Jare later heropen die polisie van Ceres ’n paar onopgeloste sake van vermiste vroue op aandrang van Sersant Smit, wat glo hy kan die sake oplos. Waar pas die ongeskikte eienaar van die kleinhoewe in en waarom is Siela so geheimsinnig oor haar besoeker? Is daar ’n reeksmoordernaar in hul omgewing en wat het van die vermiste vroue geword?

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R129.00 Add to basket
Die Dare

Skrywer: Johan Pretorius

 

Die mooiste, slimste en snobistiese universiteits damesstudent, Celine Zevenster, word deur haar ewe snobistiese vriendinne gedare om die universiteit se grootste nerd, ‘Vink’ Lillevink, te vra om ʼn week saam met hom op sy ouers se plaas te kuier.

Deur bravado aangevuur vra sy hom. Vasgevang in die versoek kan sy nie daaruit kom nie en gaan kuier op die plaas, ʼn lewe ver benede haar stand. Weg van haar geliefde klubs, partytjies en boetieks in die stad. Die stad waar die polsslag van die lewe is.

ʼn Dare wat verreikende reperkussies inhou vir Celine, haar familie en universiteitsvriendinne. Gevolge wat Celine in haar wildste drome nooit kon dink nie, met ʼn uiteinde wat haar lewe omkeer en haar feitlik tot selfmoord dryf.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R179.00 Add to basket
Liefde op Sonnestraal

Skrywer: M. Visser

 

Petro verlaat die klein dorpie vir die lewe van die groot stad. Petro het ’n pos by die Milpark Hospitaal gekry nadat haar moeder oorlede is. Maar die groot stad het ook maar sy verrassings en sy seer. Sy ontmoet die aantreklike Dokter Vermeulen en is dadelik verlief op hom.

Maar die liefde neem ‘n ander draai en niemand weet waar die dokter hom bevind nie, en dan is daar nog die ander vrou. Petro se seer word verlig deur ’n brief wat oom Frikkie aan haar oorhandig na tannie Anna se dood.

Is die lewe ooit wat ons dink?

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R129.00 Add to basket
Bloeisels na die Snoeityd

Skrywer: Alta Venter

 

Gebaseer op ‘n ware verhaal van die uiterstes van die liefde. As jy net kan glo en daaraan vashou – totdat die Here antwoord kan die liefde ‘n tweede maal aan jou hart se deur klop.

Twee mense van verskilende uithoeke van die wêreld word aan mekaar voorgestel. Die bonatuurlike gebeur en die ja-woord gevra. ‘n Huwelik propvol ervarings, gebeure en die ses kinders word een familie.

Hierdie verhaal is ‘n bewys dat God se keuse altyd die beste is. Jy kan nie die jare terugdraai nie, jy kan nie verkeerde keuses verander nie, maar jy kan God vertrou vir ‘n huwelik en liefde wat alles kan verdra, teenstaan en voluit lewe. Hierin is leersame lesse te leer, ‘n verhaal wat stig en geloof bou.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
‘n Brief aan die engel

Skrywer: Alta Venter

Maxi werk in ‘n boekwinkel op ‘n plattelandse dorpie. Sy, haar broer Deon en haar ouers woon op die dorp. ‘n Hegte gesin. Haar vriend sterf in ‘n lokval – dieselfde aand wat hy haar sou vra om te trou. ‘n Vreemdeling besoek haar in die hospitaal. Sy kan nie die intense blou van sy oë – wat voel of hy dwarsdeur haar kyk – vergeet nie.

Vreugdevure brand toe haar werkgewer met een van die personeellede in die huwelik tree. Sy vrou gee aan haar ‘n boek as geskenk wat te veel wense oorlaat – ‘n Besoek van ‘n Engel. ‘n Geskenk met ‘n doel. Verskeie opvolgbesoeke kom van Rudolf, die man met die blou oë. Is hy werklik ‘n hemelse wese?

En, wie is Bernard de Klerk? Sal hy die kleur en liefde in haar lewe bring?

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R189.00 Add to basket
Paaie van Skarlaken

Skrywer: Alta Venter

Amelia Gericke se lewenspad neem ‘n ernstige wending wanneer sy die rekenmeester ene Simon Arendse ontmoet.

In hierdie verhaal kyk ons vanuit ‘n ander oogpunt na die liefde wat ongevraagd na haar kant toe kom.

Maak sy die regte keuse?

Eiewys en vol van haar eie opgestelde idees wat geensins in haar lewe beplan was nie, word deurgevoer. Verwerping, eensaamheid en tragedie volg voordat sy tot haarself kom.

Tog sou sy dit nie anders wou gehad het nie. Interessante mense en familie staan haar by en hierdeur besef sy dit was alles tog beplan deur ‘n Hoër Hand.

‘n Liefdesverhaal met ‘n onuitspreeklike einde.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R159.00 Add to basket
Draaikolk

Skrywer: Henry Liversage

 

Johan Vermeer beland weens bedrog van ʼn medewerker in die tronk en sy familie verwerp hom as gevolg daarvan. Moes al sy besittings verkoop om aan die lewe te bly omdat hy weens sy tronkrekord nie kon werk kry nie. Reageer op ʼn advertensie in ʼn landbou tydskrif om as plaasvoorman op ʼn plaas in Zeerust-distrik te gaan werk. Die telefoonnommer is foutief en uit radeloosheid besluit hy om van Pretoria af na die plaas te ryloop. Op pad word hy van sy beursie en polshorlosie beroof. Weens uitputting slaan hy in die plaaspad neer waar Martiens hom vir dood optel en plaas toe neem vir versorging. Ten spyte van sy negatiewe verlede stel Martiens hom aan, om onder andere te help om die wildplaas uit te brei en ʼn gastehuis te bou naby die draai in die rivier waar die vloedwaters altyd kolk: vandaar die plaas se naam.

Martiens en Breggie se kleindogter Chantel daag sy en haar boesemvriendin, Susan, op Draaikolk op. Vonke spat dadelik tussen Johan en Chantel omdat sy vas glo dat hy, omdat hy toegeneentheid by haar groot ouers ontvang, daarop uit is om haar erfporsie in te palm. Susan egter, is vriendelik teenoor Johan en deel intimiteite met hom wat Chantel reken onprofessioneel is omdat Susan ʼn verloofde meisie is.

Intussen word van die wild gesteel; Johan en die plaaswerkers patrolleer die grensdrade op motorfietse en in die proses word Johan in ʼn jaagtog agter die wilddiewe aan, gewond.

Johan en Stoffel beplan saam ʼn set om die diewe aan die kaak te stel en te vang. Sal die twee manne die mas opkom en die boewe vastrek, en kan Chantel en Johan die strydbyl begrawe?

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

 

R129.00 Add to basket