SPATSELS UIT MY LEWE deur Paula Paxton

Elke tree in my lewe, het eers begin met die wete dat ek alleen die pad moes baan, maar met verloop van tyd besef ek dat elke hartseer en blydskap op my lewenspad gedeel is met my Skepper en Heer. Hy het my opgetel en groot wysheid geleer. So is elke gedig in hierdie bundel, n spatsel uit my lewe. My hart en my siel is verweef in elke woord.
Paula Paxton (nee Mitchell) gebore 18 Maart 1974 in Krugersdorp in die Wes Rand. Ek word groot in Rand­fontein, ‘n myndorpie net duskant Krugersdorp. In my volwasse lewe verhuis ek na die mooie Natal met my eerste man, maar na n hartseer egskeiding vestig ek weer my wortels in Randfontein. Ek het twee pragtige, uitdagende kinders, Herman en Marli Fourie wat my lewe versier. Tans weer getroud met Karel Nico­laas Paxton en my lewe is een fees. Van tienerdae af verdraai ek my hartseer en vreugde in gedigte. Ek put genot daaruit om die lirieke van my hart op papier neer te pen.

R195.00 Add to basket
RITME VAN DIE MAAN deur Bertie Cloete

Skrywer:  Bertie Cloete

Die digter neem ons op ‘n tog van die onheil van die donker (Bang), al met sy wegkruip bos langs (My bos), na byeenkomste in die skoolsaal (Saalbyeenkoms), dood op die veldslag (Die engel se laaste soen), die dood van sy Pa (‘n Plaas Psalm en Groete van Dessie), die koud van korporatief (Korporatief) en die liefde vir sy kinders (Die eerste reëns en Padlangs). Elkeen op sy eie tyd. Op die ritme van die maan.

R99.00 Add to basket
Offerspore

Skrywer: Ina Labuschagne

Wat doen jy as die verlies van ’n geliefde jou verpletter? Die emosionele pyn en trauma wat daarmee saamgaan, kan jou geestelik én liggaamlik uitmergel en wreed ontwortel. Geen mens is hierteen immuun nie; trouens hieruit is daar geen ontsnaproete vir iemand wat dié pyn beleef nie. Net so is daar geen kortpad of roetekaart vir rou nie. Dis ’n lang, eensame proses, inderdaad ’n offerpad wat jy man-alleen enduit moet stap.

 

OFFERSPORE is die ideale geskenk vir jouself (of ’n vriend/vriendin) wat mens kan help op hierdie veeleisende pad na herstel en genesing. Die gedigte in OFFERSPORE beslaan ’n wye spektrum van die digter se worstelstryd met die sin van dood en verlies én die emosionele impak daarvan, waarvoor ’n mens nooit hiér antwoorde kry nie, maar hopelik dieper insig en ’n meer volwasse perspektief verwerf, nl. om te berus in God se wil vir jou lewe in sy Groot Raadsplan.

 

Die gedigte verskil in vele opsigte van mekaar, maar het één gemeenskaplike sentrale tema: die dood en verlies van ’n geliefde eis ’n offer en dwing jou om jou offerpad na aanvaarding enduit te stap in jou soeke na die sin daarvan.

 

Omdat ek die rou wonde en vereelte letsels van die harde realiteit van die emosionele pyn van dood en verlies aan my eie lyf dra, kyk ek nou deur ’n unieke lens na die wêreld om my. Waar ek dikwels afsydig gestaan het teenoor die emosionele impak van verlies, pyn en trauma, kyk ek nou ná my emosionele ontlading in verskeie gedigte in OFFERSPORE, met ander oë daarna.  En die gedigte in OFFERSPORE kan dieselfde vir jou doen.

 

OFFERSPORE dring jou om betrokke te raak by mense se emosionele pyn en trauma en Jesus se liefdesboodskap uit te dra.  Dood en verlies is nie die einde van die pad nie. Die lewe gaan voort en ’n vaste vertroue in die Hoër Hand bring weer hoop en gee jou krag om aan te gaan sónder jou geliefdes. Met GELOOF, HOOP en LIEFDE kan jy jou seer op jou pelgrimspad hanteer.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R149.00 Add to basket
Sale!
Patches / Sielsdrome (CD/Book)

 

For a short while – ONLY R150.00

Authors: Jody Wayne & Chris F Smith

English poetry by Jody Wayne

Afrikaans and English poetry by Chris F Smith

Includes brand new album of poems set to music by Jody Wayne on CD

Front       Inlay

Passion:

[btn text="Go to Facebook page" tcolor=#FFF bcolor=#0000FF thovercolor=#008000 link="https://www.facebook.com/Patches-Sielsdrome-1505147263119333/?fref=ts" target="_blank"]

 

 

[kad_youtube url="https://www.youtube.com/watch?v=14f1hMHt4XI&feature=youtu.be" ]

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R189.00 R150.00 Add to basket
Visions, Regrets and Memories

Author: Shellery Vallard

 

As a very young child, I found that I had the gift of writing poetry. My delight knew no ends when at the age of 7 or 8 years, I had a few poems published in the Cape Times Junior section for which I received certificates. From then on there was no stopping me and I spent many hours scribbling away. Unfortunately those earlier poems have been mislaid, but I still continued writing when the mood took me. This collection is a journey over many years, inspired by many different circumstances and people who crossed my path along the way.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R79.00 Add to basket
Stormweer en Sonskyn

Skrywer: Annamari Foxcroft

Hierdie bundel bevat gedigte wat my na aan die hart lê, en wat op so ’n wyse geskryf is dat elkeen hulself daarmee kan vereenselwig.

Die gedigte handel oor die dieper dinge in die lewe; alledaagse uitdagings, emosiosies wat wipplank ry en dit wat onverstaanbaar bly.

Die digbundel bestaan uit opregte emosies, asook ’n aantal fantasieë.

[btn text="Contact page for book stores and bulk orders" tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R129.00 Add to basket
Hierdie woorde… These words

Skrywer: Jacques Joubert

 

These Words… Hierdie Woorde…

This is a collection of poetry giving a glimpse into one person’s crazy emotional ride in his/her life. This book of poetry contains 13 years worth of poetry, everything from being in love to the pain of loss, from having a cause to stand for to not knowing where you fit in.

“It is in two languages, because sometimes I do think and feel in Afrikaans.”

Hierdie Woorde… These Words…

Hierdie is ’n versameling van gedigte wat ’n oorsig van ’n persoon se emosionele reis in sy/haar lewe gee. Hierdie boek bevat ongeveer 13 jaar se gedigte; enige iets van verlief wees tot ’n liefdesterleurstelling, om te veg waarvoor jy glo tot om te weet waar jy inpas.

“Die digbundel is in beide Afrikaans en Engels geskryf omdat ek soms in albei tale dink en voel.”

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R129.00 Add to basket
Sale!
Patches / Sielsdrome (CD/Book)

 

For a short while – ONLY R150.00

Authors: Jody Wayne & Chris F Smith

English poetry by Jody Wayne

Afrikaans and English poetry by Chris F Smith

Includes brand new album of poems set to music by Jody Wayne on CD

Front       Inlay

Passion:

[btn text="Go to Facebook page" tcolor=#FFF bcolor=#0000FF thovercolor=#008000 link="https://www.facebook.com/Patches-Sielsdrome-1505147263119333/?fref=ts" target="_blank"]

 

 

[kad_youtube url="https://www.youtube.com/watch?v=14f1hMHt4XI&feature=youtu.be" ]

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R189.00 R150.00 Add to basket
Uit Donker kom Lig

Skrywer: Adriaan Venter

 

Gedigte oor die liefde, die passie en God.

“Aan My God en Heerser:

Dankie Koning Jesus dat U elke tree my hand vashou deur donker tot in die lig los U my nooit alleen.”

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R59.00 Add to basket
Psalms of my heart

Author: Michelle Fowler

 

A compilation of poems that many can relate to at any stage in their lives. The aim of the book is to encourage and inspire those who read it. It is a handy tool to keep nearby when looking for inspiration.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R79.00 Add to basket
Neem my terug

Skrywer: Elza Coetzee-Johnson

 

Elza Coetzee-Johnson is gebore in die Stellenbosch-distrik en het grootgeword op ‘n vrugteplaas bo-op Piketberg. Hierdie digbundel verwoord dus hoofsaaklik haar verlange na haar grootwordwêreld waarna sy graag sal wil terugkeer. Sy sien dinge raak wat ander onopgemerk verbygaan.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R139.00 Add to basket
Harte Bons-Bons

Skrywer: Rehan Boonzaier

Hierdie bundel het die uitsluitelike doel om deur middel van ‘n wye verskeidenheid gedigte, die hart van die leser te roer, met ‘n afwisseling van diepe erns, tot humoristiese gedigte wat die leser se verbeelding sal prikkel, en terselfde tyd oud en jonk sal vermaak.
Hiermee saam foto’s wat meesterlik die inhoud van geselekteerde gedigte illustreer soos gesien deur die kunstenaarsoog van die fotograaf, Amanda de Jongh.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R129.00 Add to basket
Kruise langs die pad

Skrywer: Johan van der Merwe

Elke huis het sy kruis. Elke mens het sy kruis.

Almal van ons beland een of ander tyd voor ‘n kruispad. ‘n Kruispad waar ons met belangrike besluite gekonfronteer kan word. Hierdie kruispad dien ook as die simboliese kruise wat ons dikwels langs die pad sien. ‘n Kruispad waar iemand ‘n geliefde verloor het. ‘n Ma, ‘n Pa, ‘n broer, ‘n suster, ‘n eggenoot.

Ons vind dat kruise so dikwels as verteenwoordigers van lewe en dood kan dien. Van redding of verlorenheid. Ons word so dikwels deur liefde, haat, trots, hoogmoed gekonfronteer.

Laat ons in ag neem dat so baie mense daagliks deur hul eie kruis belas word. Laat ons leer om nie daardie kruise ‘n swaarder las op hul skouers te maak nie. Laat ons leer om die kruise langs mense se pad ligter te maak.

Dus… Elke huis het sy kruis. Elke mens het sy kruis.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R139.00 Add to basket
God se Kaalvoet Meisiekind

Skrywer: Christine Roberts

 

‘n Bundel waarin God en Sy liefde
gesien word deur die oë
van ‘n kaalvoetmeisiekind
geen pretensie of fensiegeit
woorde wat God op die tafel
van my hart kom neerlê het
woorde oor ‘n pad waarin God
my vrouwees en kaalvoet meisiekind
geloof weer kom herstel het
‘n bundel vol van hoop en geloof . . .

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R129.00 Add to basket
Gedagtes van ‘n halwe mens

Skrywer: Hencia Marais

 

Gedagtes van ‘n halwe mens is onvolmaakte emosies wat ons almal mee wroeg. Emosies wat vanuit my vroue hart en -siel ontsnap en op skoon velle papier kom nesmaak. Vir elke emosie is daar heelmaak woorde wat net vrygelaat moet word.

By drie geslagte het ek soveel lewenslesse geleer oor vrouwees. Hierdie boek is vir elkeen wat wil wegraak in woorde en sinne en ‘n plek soek waar hul kan vry word van elke onvolmaakte emosie.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R99.00 Add to basket
Free Spirit

Skrywer: Lucille Swart

 

“Hierdie bundel bied my die geleentheid om dinge wat my raak, inspireer en na aan die hart is met jou te deel. Ek skryf nie net van die mooi in die lewe nie, maar ook oor ware gebeure, omstandighede, lief en leed, bewondering, motivering, leiding, liefde en verlange. Ek deel dit met jou sodat jy dit jou eie kan maak…”

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R79.00 Add to basket
Oktoberkind

Skrywer: Magdalie Grobler

 

Ek onthou ’n spesiale sonsondergang, een waar die son aan die horison raak – die water ontmoet – soos ’n verliefde se eerste aanraking. Ek onthou die volmaakte afsluiting van daardie dag.

Dit is digkuns!

Dit is die skep van blywende beelde deur woorde en regdeur die proses moet jy jouself in die woorde verloor en nog steeds antwoorde kry; lei jy die leser deur die kompleksiteit van jou siel en wees ’n baken van hoop vir die wat die antwoord tot hul ware wese soek.

Elke gedig is soos ’n hergeboorte en deur elke hergeboorte kry jy meer kennis van jou sterkpunte en swakhede. Sodra perfeksie bereik is, begin die proses van vooraf; ’n voortsetting van die lewe deur die woorde en die siel van ’n digter.

Digkuns is nie ’n vaardigheid wat jy aanleer deur lees of liefde vir die kuns nie. Dit is nie iets wat iemand vir ander kan leer wat nie die kuns geniet nie. Dit is iets diep en betekenisvol en kan net met die hart gevoel word. Om digkuns te geniet is soos om ’n geleerde sielkundige te wees wat tussen die lyne kan lees om die ware emosies agter die fasade van woorde te herken…

 

[btn text="Kyk na Oktoberkind se Facebook..." tcolor=#800080 bcolor=#CDCDCD thovercolor=#FFF link="https://www.facebook.com/Oktoberkind-1508676166072961/" target="_blank"]

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R139.00 Add to basket