Tweesprake vir Eisteddfods

Skrywer: Helene Visagie

 

Uiteindelik! Die skatkis aan die einde van die Eisteddfod-reënboog! Tussen hierdie 27 humoristiese tweesprake kan jy kus en keur om enige beoordelaar te beïndruk.

Wat elke tweespraak baie spesiaal maak, is dat dit ten volle geblokkeer (“plot”) is en ook oor ’n paar wenke beskik oor waarna om op te let of slaggate wat vermy moet word. Die speelarea is skematies voorgestel en die bewegings met letters aangedui. Elke mamma, juffrou of toneelliefhebber kan nou ’n professionele werk lewer.

Die bonus is beslis die 4 gedramatiseerde prosas wat ingesluit is. Alhoewel daar baie uitstekende prosas beskikbaar is, is die blokkering daarvan meestal problematies en hier het jy die hele pakket!

Humor is die lewensgeur waarmee ons die frank van seer uittrek, die bitter van teleurstelling verbloem en die suur van alleenheid versoet. Met hierdie humoristiese werke is leerders nie meer slegs tot die Eisteddfod-sale gedoem nie, maar kan hul die vreugde ervaar om mense te vermaak en te laat lag by ouetehuise, damestees en selfs boereverenigings.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
Ditsem vir Kotiljons

Skrywer: Dr. Johannes van der Merwe

Dr. Johannes van der Merwe het as predikant ryke ervaring met mense oor dekades heen opgedoen, maar hy verkies om die fiktiewe aspek daarvan te beklemtoon deur onder sy noemnaam, Dunes, te skryf.

Al is die karakters denkbeeldig spreek hy namens húlle die wens uit om op jou volgende vakansie saamgeneem te word. Omdat hulle van mening is dat hulle tot die plesier daarvan kan bydra. Hulle sien wel die lewe soms as ’n probleem, ja, maar ’n probleem wat wag om opgelos te word, miskien met ‘n titseltjie humor waar nodig!

Alhoewel in die verhale lewenswerklikhede aan die orde is, vermy hy doelbewus om lesers met die absurde besig te hou.

Mag die leser eerder geïnspireer word om menigmaal geselskap op te fris met, ‘Ek het êrens gelees dat…’ en so blywende waarde ervaar van die verhale wat in die bundel opgeneem is.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
Abominations in Secunda

Author: Sonny Lucas Sekwakwa

 

Here is Mokone. Behold him! He is a man long over fifty years of age, who comes into a healthy pot of money. One would think that is a good thing – but for Mokone – that is when his troubles begin.

The Bible names many abominations. 1 Corinthians 6:9-11 says: “Do not be deceived: neither the sexually immoral, nor idolaters, nor adulterers, nor thieves, nor the greedy, nor drunkards, nor swindlers will inherit the kingdom of God.”

Mokone will battle many abominations during this time – but the charms of a wicked woman will be the deciding factor in determining his fate.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R149.00 Add to basket
In die Donker Skadu’s van Hillbrow

Skrywer: Juanita Erasmus

 

Lientjie, deur omstandighede buite haar beheer, vind haarself in Hillbrow na haar ma aan dwelms verslaaf word en haar pa sy werk nie meer kan doen nie. Sy ontmoet vir Daniel wat sy passie vir haar tevergeefs probeer wegsteek. Maar Lientjie se lewe vat ’n donker draai toe ‘n ou vyand van haar pa haar verkrag en in ‘n onverwagse swangerskap indwing. Sal Lientjie en haar gesin geluk in die donker skadus van Hillbrow vind?

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R99.00 Add to basket
Getting my groove back

Author: Michelle Fowler

Closely knit girlfriends share, laugh and cry together and make sure that they are always there for each other. Being suddenly single amongst a group of not so single friends makes for interesting situations and life experiences.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R99.00 Add to basket
Die Robyne van Valery du Toit

Skrywer: Welma den Haan

 

Valerie, ‘n kunstenaar, gaan dood nadat sy gekraam het en haar suster neem haar twee seuns aan. Maar daar is vrae oor haar dood. Bebloed en gekneus het sy by die hospitaal aangekom – wie het haar so geslaan dat sy moes sterf in kraam?
Haar suster en haar man hou duister geheime van hierdie tyd en vertel die twee seuns niks van hulle herkoms nie. Selfs nie dat hulle bloedbroers is nie.
Jare later vra haar twee seuns dieselfde vrae toe hulle haar huisie op die plaas ontdek. Jean, die aantreklike een van die twee, wat nie kan kies tussen twee vroue nie, met die gypsy in sy siel, en Jacques, die selfstandige broer met ‘n gesin.
Die vrae word uiteindelik beantwoord met amper fatale nagevolge – van Valerie en John Green, en ‘n liefdesverhouding wat noodlotig vir Valerie geëindig het.
Sal die twee broers hulle kan vereenselwig met hulle hede?

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R129.00 Add to basket
Bittersoet

Skrywer: Sonja Dicks

Zanta Strauss is ’n jong ontvangsdame by Roux & Seun Ingelyf. Werner Roux, die mede-eienaar en seun van stigter van die maatskappy, probeer om elke hoek en draai ’n afspraak met die hardkoppige sekretaresse te kry.

Na maande se probeer gee Zanta tog in, bloot om van die laspos ontslae te raak. Tot Zanta se verbasing vind sy die digterlike, pes van ’n baas, aantreklik.

Zanta en Werner is dolgelukkig getroud toe die noodlot die Roux-huishouding tref. Alle verantwoordelikhede rus nou op Zanta om Werner en hul vier-jarige dogtertjie aan die gang te hou.

Gedurende hierdie tydperk van  emosionele en fisiese uitputting, ontmoet Zanta vir Armand du Bois.

Gaan Zanta se liefde vir Werner staande bly?
Of gaan haar hart haar verraai?

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R139.00 Add to basket