Gerrie Gemmerbrood en die miere

Skrywer: Hanlie Brynard-Botha

 

Deel drie van die Gerrie Gemmerbrood reeks met opvoedkundige materiaal.

Gerrie Gemmerbrood hou piekniek en ontdek die wêreld van miere.
Hy leer ook dat elke diertjie ‘n plek op aarde het en ook hoe lekker dit is om dinge te deel.

Sluit CD, inkleurboek en vetkryt in.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R139.00 Add to basket
Gerrie Gemmerbrood in die blomtuin

Skrywer: Hanlie Brynard-Botha

 

Deel twee van die Gerrie Gemmerbrood reeks met opvoedkundige materiaal.

Gerrie Gemmerbrood ontdek die blomtuin en leer hoe blomme groei, hulself beskerm en die nut van blomme. Sy dag in die blomtuin is ‘n groot avontuur tot hy aan die slaap raak.

Sluit CD, inkleurboek en vetkryt in.

 

 

R139.00 Add to basket
Gerrie Gemmerbrood

Skrywer: Hanlie Brynard-Botha

 

Deel een van die Gerrie Gemmerbrood reeks met opvoedkundige materiaal.

“Hierdie verhaaltjie is geïnspireer deur my kleinseun Luke Geddes. Ek moes vir sy eerste verjaardag ‘n gemmerbroodmankoek bak. Dit was maklik, maar toe ek `n gemmerbroodmannetjie as sagte speelding soek om vir hom daarmee saam te gee, het ek gevind dat dit nie bestaan nie. Dit kon ook nie anders nie, want in die oorspronklike storie word die gemmerbroodmannetjie deur die jakkals opgevreet!

Dit het my laat besluit om vir hom so `n speelding te maak. Daarna wou baie kinders wat dit gesien het, ook gemmerbroodmannetjies hê. Omdat Luke baie lief is vir boeke en lees, het ek besluit dat die gemmerbroodmannetjie sy eie lewe moes kry en daarvoor is ‘n storie nodig.

In hierdie storie word Gerrie Gemmerbrood “gebore” en gaan hy op verskillende avonture. Die avonture gaan in ‘n reeks boekies wat hierop volg, vertel word.”

Sluit CD, inkleurboek en vetkryt in.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R139.00 Add to basket
Die Kat van Klaterstraat

Skrywer: Madelaine Palmer

 

Dié kat van Klaterstraat het ’n slu manier gebruik om by Speurder Sersant de Waal te gaan bly. Sy het iets onder die bankie begrawe in sy tuin. Wat het sy daarin gesit? Speurder Sersant de Waal se susterskind het kom kuier. Gaan sy ook een van Katrina, of soos sy bekend staan ‘Dié Kat van Klaterstraat’ se slagoffers wees? Waar pas die mense wat Katerina so ontvoer, in?

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R99.00 Add to basket