IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND deur Frans Calitz

Bones tree vorentoe en in vlot Afrikaans: “As jy skree, gooi ons jou fokken tong vir die honde,draai jou gat, the liberation has begun .”Tjaka voel die pankop se hande oor sy rug, die klam sweterige warm vleis teen sy agterstewe en wag vir die pyn waarvan die gevangenes in Pollsmoor hom vertel het, Hy wil skree, maar blaas soos een van die geelslange tussen die riete van die Doringrivier. “Now be a good boy,” hoor Tjaka die pankop se stem en voel die warm pis teen sy bene af .

Die pankop se asem is hortend in Tjaka se ore, die vingergrepe krampagtig om sy skouerknoppe. Tjaka beur orent, maar Bones hou en daar is niks wat hy kan doen nie.

Vir ‘n oomblik wonder hy of hy dalk droom, maar die pyn in sy lyf en die gille uit die pankop se keel laat nie ruimte vir illusies nie .

Gedurende die nag reen dit swaar, druppels ploffend op die dak, elke geluid dof en doods inTjakaseore .Hy trek sy knieë teen sy lyf op en die kombers oor sy kop .Uitgelewer aan die genade van ‘n primitiewe kontinent hy daar, soos ‘n fetus sonder baarmoeder, die naderende dood onafwendbaar. Sluiers van donkerheid dans voor sy oë. Sy lyf pyn en hy voel die bloed aan sy onderlyf. Iewers baie naby klink gille op, pynlike krete van ‘n vrou in nood . Die vrou gil weer. ‘n Paar mans skaterlag .Tjaka dink aan Lucy en voel sy maag saamtrek. Sy gesigspiere span onwillekeurig en die spiere in sy rug spring asof dit losruk waar dit aan sy ruggraat vas is. Pynlik intens ervaar hy sy dilemma en weet nie hoe om dit te hanteer nie. Soos ‘n kleuter wat ‘n ouer verloor en nie die rasionaal verstaan nie. Sy gedagtes loop vêr. Die verlede se lief en leed draai in sy kop, geluide en gesigte van weleer; die Maskam se loodregte kranse, ‘n hand vol gruis uit die Hantam, die soet hitte van die Doringrivier, die roep van die kokkewiet, oompie Drippie drink en naai sy vrou vir almal om te hoor.

R149.00 Add to basket
DISAPPEARED – by Malise van Sittert

Author:  Malise van Sittert

Crystal White, one of the most popular kids in school, soon learns that life can take some unexpected turns.  Stolen from her life with many questions unanswered, She must now face an entire new world unknown to most.  Above all, she needs to adapt to living with five guys…five criminals.  That’s not so bad is it?  Well when you start getting involved in their problems then it certainly is.  Can she escape?  Actually, the question is does she want to?  Can love really overcome all things?  So many questions, so few answers.

 

Malise van Sittert, an inspiring young writer!  She already started writing this book at the age of 14.  As her Afrikaans HL teacher (Gr. 9), I’ve enjoyed her essays a lot, she proved to be a writer in her own right.  Her imagination, experiences and devotion to writing proved that her writing skills only improved by the day.  I am honoured to have been part of her life.  With her mother, Dorette van Sittert’s inspiration, I believe Malise will soon be one of the best young writers in South Africa.  Now at the age of 15, she has made me a proud teacher and I am so proud to have been part of her inspiration.  Malise, I know you will be one of the best writers South Africa has ever produced.

-Ms. Louisa Pretorius

R159.00 Add to basket
Fientjies

Skrywer: Maureen Champion

 

Fientjies is in matriek. Sy dra winter en somer n trui en trek dit nooit uit nie. Fientjies wil ook nie hê dat haar juffrou Natasha haar voor haar huis af laai nie. Wat is die probleem? Gaan die dierbare ouma Rosie haar kan help? Ouma Rosie wat parfuum spuit en haar hare kam voor sy die telefoon beantwoord.

Fientjies se verhaal is n lekker leesboek met baie lag en trane. Julle sal van die kleintjies se sêgoed gou en op die dierbare ouma Rosie verlief raak.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R149.00 Add to basket
Omega

Skrywer: Theo Eybers

 

Kobus Venter, ‘n Suid-Afrikaanse universiteitsprofessor, moet ‘n kongres in Washington oor alternatiewe energiebronne toespreek, min wetend dat die Amerikaanse CIA en die Iranse intelligensiediens, MOIS, op sy spoor is. Hul belangstelling in hom spruit uit die geheime ontwikkelingswerk wat hy doen om ‘n alternatiewe brandstof vir petrol en diesel te vind.

Op pad na Amerika ontmoet hy ‘n vreemde man wat sterk onder verdenking van die CIA is en dan soos mis voor die môreson verdwyn. Maar Kobus se eintlike vyand is die Illuminati, ‘n geldmagorganisasie wat die wêreld wil oorheers.

Die spannende verhaal wemel van onverwagte gebeure en neem die leser op ‘n unieke gedagtevlug met ‘n verrassende einde. En deur dit alles is daar ‘n goue draad van geestelike vernuwing.

‘n Heerlike verhaal met ‘n baie sterk boodskap.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R179.00 Add to basket
The Last Rhino

Author: John H. Galbraith

 

Lusaka Zambia 1979. Tom Cheleshe is tasked with setting up the nation’s first anti-poaching unit. The men he chooses are John Botma and Friday Mwila they must put their own lives at risk as well as those of their wives in order to overcome the odds and stop the poachers.

The stakes are high. Illegal trade in Rhino horn and Ivory is worth hundreds of thousands of US Dollars. People in government are involved-private individuals stand to gain-it is almost impossible to know who to trust.

Don Masters is a detective with the local police force he is on the tail of a hired assassin and is also tasked by his political masters to eliminate at any cost those who are standing in the way of the illegal trade of rhino horn and Ivory’ As he gets ever closer to his prey he becomes increasingly involved in his subjects beautiful wife.

Where will all the intrigue lead to and at what cost of life.

THE LAST RHINO brilliantly draws the reader into this gripping African adventure story of intrigue, murder and love. It is a must read for anybody who is interested in the plight of the world’s last rhinos, a beautiful species under threat of extinction.

John H. Galbraith is a conservationist by heart as well as a Cryogenic engineer originally from Zambia he now lives with his wife in Bloemfontein in the Free State, South Africa.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

 

R159.00 Add to basket
WOLF deur Jaap Rabie

Skrywer: Jaap Rabie

 

Voor die 1994-verkiesing was hy een van die beste bevelvoerders en bobaas wapensmokkelaar van een van die verbode organisasies. terwyl onderhandelings by CODESA nog aan die gang was, het hy en ‘n groepie kommunististe ‘n staatsgreep beplan. Jake Botha was daardie jare op sy spoor en hulle het mekaar menige kere gekonfronteer. Nou is die gewese vryheidsvegter ‘n magtige politikus en hy het weerwraak gesweer.

Die aksie begin met ‘n moord in Amerika; ‘n aanslag op Jake  se lewe en kaping van sy besigheid. Al die leidrade lei na Libië, maar daar is ‘n oorlog aan die gang. Terwyl die Amerikaanse, Engelse en Russiese geheimedienste kopkrap, beplan Jake en sy vriend ‘n tog na Libië.

Intussen ontwikkel daar ‘n stormagtige verhouding tussen Paul en ‘n verslaggeefster, terwyl Jake sy vrou met iemand anders betrap.

In Engeland word Jake se vriend, Paul Jordaan deur die SIS oorreed om sam met hulle te werk om Gaddafi uit te snuffel, maar hulle het ‘n ander agenda.

Direkte vlugte is nie meer moontlik nie en hulle moet wapens saam met ‘n klompie huursoldate die land met ‘n ompad insmokkel – met Al Kaïda se terroriste op hulle spoor.

Wanneer die konfrontasie uiteindelik in Libië plaasvind, wag daar ‘n verrassing op hulle en eers op die einde vind hulle die verraaier in hulle midde.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"] [btn text="JAAP RABIE BLOG " tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link=" http://rabiej.wix.com/author-blog" target="_blank"]

 

R189.00 Add to basket
Die Ultimatum

Skrywer: Frederik H. Steyn

 

Die keuse van die pragstad Sydney om die Olimpiese Spele in die jaar 2000 aan te bied, was uiteindelik die regte een. Dog, sonder probleme sou dit nie. Uiteraard weet min mense van die booshede waarmee die Australiese veiligheidsowerhede agter die skerms moes swoeg en sweet.

In Die Ultimatum spoel die misdadige neigings van ‘n regse groepering in verre Suid-Afrika oor na hierdie prestigeryke sportgebeurtenis. Gaan die Olympic Investigation Strike Force daarin slaag om hierdie aanslag af te weer?

‘n Meesleurende verhaal van ‘n wedloop teen tyd, met naelbyt spanning en aksie tot op die laaste bladsy.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R179.00 Add to basket
Elke engel het ‘n verlede, elke duiwel ‘n toekoms

Skrywer: Naomi-Marie Smith

 

Emma en Lenie besluit op ’n uitstappie na die Ceresberge. Emma raak weg in die digte mis en weens omstandighede word die soektog na ’n paar weke afgelas.

Intussen vind Siela, wat op ’n kleinhoewe bly, ’n beseerde vrou in ’n rotsskeur. Die vrou lei aan geheueverlies. Siela neem haar in die geheim onder haar vlerk en sy bly onbepaald by Siela in haar werkershuisie.

Jare later heropen die polisie van Ceres ’n paar onopgeloste sake van vermiste vroue op aandrang van Sersant Smit, wat glo hy kan die sake oplos. Waar pas die ongeskikte eienaar van die kleinhoewe in en waarom is Siela so geheimsinnig oor haar besoeker? Is daar ’n reeksmoordernaar in hul omgewing en wat het van die vermiste vroue geword?

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R129.00 Add to basket
Die Dare

Skrywer: Johan Pretorius

 

Die mooiste, slimste en snobistiese universiteits damesstudent, Celine Zevenster, word deur haar ewe snobistiese vriendinne gedare om die universiteit se grootste nerd, ‘Vink’ Lillevink, te vra om ʼn week saam met hom op sy ouers se plaas te kuier.

Deur bravado aangevuur vra sy hom. Vasgevang in die versoek kan sy nie daaruit kom nie en gaan kuier op die plaas, ʼn lewe ver benede haar stand. Weg van haar geliefde klubs, partytjies en boetieks in die stad. Die stad waar die polsslag van die lewe is.

ʼn Dare wat verreikende reperkussies inhou vir Celine, haar familie en universiteitsvriendinne. Gevolge wat Celine in haar wildste drome nooit kon dink nie, met ʼn uiteinde wat haar lewe omkeer en haar feitlik tot selfmoord dryf.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R179.00 Add to basket
Troefkaart

Skrywer: Frederik H. Steyn

 

Ryan Haupt vind hom midde in ’n komplot tot landsverraad. Hy weet dat niks dit sal kan verhinder voordat hy wraak geneem het op die gewetenlose leier van die verraaiers nie.

Hy weet ook dat daar iewers in Amerika nog ’n man, ’n meeloper en ’n aanstigter is. Daar is ook ’n beeldskone vrou wat wag…

Die storielyn voer die leser mee na ’n tydperk toe daar oorlog op ons grense gewoed het, toe koverte operasies en verraad op ons landsdrumpel plaasgevind het. Troefkaart is ’n roman propvol intrige, spanning en onvoorspelbare kinkels wat die leser vasvang en geboei hou tot aan die einde.

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R149.00 Add to basket
Stranger in my home country

Author: Piet Schoombie

 

This book tells the story of a young civil engineer who, because of affirmative action and black economic empowerment, is struggling to find a job in the new South Africa.

The prevalence of corruption, crime, murder in the South Africa society is a huge problem that he also had to reckon with. As a result of these conditions many South Africans, including most of his own family, were forced to leave the country for a better life abroad.

His expertise as an engineer is however in high demand overseas and he received several favourable job offers. The decision to emigrate or to stay, is not at all easy, for he must take into account his love for and loyalty to South Africa.

In conjunction with all these dramas and intrigues his love life is also not always plain sailing! Read more about this young man’s trails and tribulations in a highly challenging new era.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

R159.00 Add to basket
Draaikolk

Skrywer: Henry Liversage

 

Johan Vermeer beland weens bedrog van ʼn medewerker in die tronk en sy familie verwerp hom as gevolg daarvan. Moes al sy besittings verkoop om aan die lewe te bly omdat hy weens sy tronkrekord nie kon werk kry nie. Reageer op ʼn advertensie in ʼn landbou tydskrif om as plaasvoorman op ʼn plaas in Zeerust-distrik te gaan werk. Die telefoonnommer is foutief en uit radeloosheid besluit hy om van Pretoria af na die plaas te ryloop. Op pad word hy van sy beursie en polshorlosie beroof. Weens uitputting slaan hy in die plaaspad neer waar Martiens hom vir dood optel en plaas toe neem vir versorging. Ten spyte van sy negatiewe verlede stel Martiens hom aan, om onder andere te help om die wildplaas uit te brei en ʼn gastehuis te bou naby die draai in die rivier waar die vloedwaters altyd kolk: vandaar die plaas se naam.

Martiens en Breggie se kleindogter Chantel daag sy en haar boesemvriendin, Susan, op Draaikolk op. Vonke spat dadelik tussen Johan en Chantel omdat sy vas glo dat hy, omdat hy toegeneentheid by haar groot ouers ontvang, daarop uit is om haar erfporsie in te palm. Susan egter, is vriendelik teenoor Johan en deel intimiteite met hom wat Chantel reken onprofessioneel is omdat Susan ʼn verloofde meisie is.

Intussen word van die wild gesteel; Johan en die plaaswerkers patrolleer die grensdrade op motorfietse en in die proses word Johan in ʼn jaagtog agter die wilddiewe aan, gewond.

Johan en Stoffel beplan saam ʼn set om die diewe aan die kaak te stel en te vang. Sal die twee manne die mas opkom en die boewe vastrek, en kan Chantel en Johan die strydbyl begrawe?

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

 

R129.00 Add to basket
Merkwaardige Genade

Skrywer: Hugo Küsel

 

Martie Botha is die volmaakte voorbeeld van ’n gesofistikeerde Pretorianer. Sy is goed gebou, intelligent en beeldskoon. Sy is getroud met ’n skatryk kardioloog en lei ’n benydenswaardige rykmanslewe. Martie se kinderjare het emosionele letsels op haar lewe gelaat. Sy dra die psigiese gevolge van die gebeure met haar saam, en sy kon nog nooit daarin slaag om iemand in haar vertroue te neem en die geheim te bespreek nie.
By die begrafnis van haar geliefde broer, Sarel, ontmoet sy weer Flip Durand, ’n gesamentlike jeugvriend van haar en Sarel. Flip, wat Sarel se beste vriend was, en wat haar altyd ongenadiglik kon terg, is skielik weer deel van haar lewe. Hy is ’n skoolsielkundige, en hul vriendskap herleef op ’n tydstip toe Martie ’n besluit neem wat haar huwelik in ’n krisis dompel. Terwyl die twee vriende mekaar herontdek, is Martie eindelik gereed om die pynlike stap te neem om haar hart oop te maak, en haar donker geheim in die oopte te bring.
Martie se huwelik met haar befaamde man, wankel. Sy het haar uitgeleef in haar rol as moeder, maar die twee seuns is nou huis-uit om te gaan studeer. Martie wil die leënessindroom temper deur verder te studeer, maar loop haar vas in Danie se onversetlike teenkanting. ’n Wulpse mannejagter verskyn op die toneel. Danie speel met vuur by die privaatkliniek waar hy werk. Gaan hy sy vingers verbrand? Watter impak gaan die gebeure op Martie en Danie se verhouding hê? Sal sy haar man kan vergewe?
Martie word gediagnoseer met aggressiewe kanker. Sy stry moedig daarteen, maar met verloop van tyd kry die Groot K die oorhand. Martie lê op sterwe. Haar onkoloog stel stamselbehandeling voor.
Sal sy die onbeskryflike genade van genesing ondervind om nog ’n brokkie geluk met Flip te deel?

Merkwaardige Genade is ’n diepmenslike verhaal wat die leser oorrompel, en met veerkragtige taalgebruik meesleur van die begin tot die aangrypende ontknoping.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R169.00 Add to basket
SANGOMA deur Jaap Rabie

Skrywer: Jaap Rabie

Hierdie boek is deel van ‘n trilogie en die vervolg op Wolf waar drie vriende gekonfronteer was met die kaping van hulle besigheid en hulle die vyand in die oorlog geteisterde Libië moes trotseer.
Maar die draak het meer as een kop en met hulle terugkoms in Suid- Afrika vind hulle dat dieselfde terroriste-elemente nog steeds agter hulle bloed is – elemente wat terselfdertyd ‘n magsoorname van die regerende party beplan en ‘n toordokter gebruik om skares op te ruig – soos wat rewolusies oor die hele wêreld deur die eeue begin het.  Nie ‘n staatsgreep nie – daar is ‘n baie makliker manier soos Julius Malema al gedemonstreer het!
Hulle vind egter ‘n bondgenoot in die Mossad – die geheimste van alle Geheime Dienste. Die Mossad wil keer dat sekere kerntegnologie wat Iran benodig die land vanaf Suid-Afrika bereik, want daar is elemente in die regerende party wat Iran baie simpatiek gesind is.
Hulle word op alle fronte aangeval. Dit begin met ‘n poging om Paul Jordaan se vriendin te verkrag. Sal kleinboet Pieter betyds opdaag om haar te red? Of was dit net ‘n lokval om hom  alleen te kry? Later word diamante word op hom geplant, maar sal hulle swig voor die afpersing?
Die boek het soos Wolf  ‘n  goeie kwota romanse. Dit blom tussen Pieter en ‘n mynmagnaat se dogter wat later ontvoer word, terwyl Jake Botha se romanse weer op dreef kom na sy egskeiding.
Eers teen die einde van die boek, en na nog pogings om hulle te intimideer, ontdek die helde die ware rede agter die konflik en die identiteit van die nuwe vyand  – die krag agter die toordokter.

[kad_youtube url="https://www.youtube.com/watch?v=G-SEIxuzGjw&feature=youtu.be" ]

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"] [btn text="JAAP RABIE BLOG" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://rabiej.wix.com/author-blog" target="_blank"]

 

R189.00 Add to basket
My naam is Boeta

Skrywer: Sean Eva

 

Willem is ’n dertienjarige Suid-Afrikaner wat in die ondergrondse wêreld ingetrek word as ’n geheime agent.

Die tienerseun is nog besig om die verlies van sy pa se skielike dood te verwerk toe hy op leidrade afkom wat hom op die spoor van ’n pastoor sit wat moontlik nie ‘n man van die kerk is nie. In die ondersoek lei dit hom ook na ’n seun wat sy oorlede pa ken en ’n meisie wat hy miskien nooit weer sal kan vind nie.

“Hulle het vir my vertel my pa is dood… dat ek dit net moet los. Maar wat anders moet ek doen toe ek uitvind dat alles ’n leuen was. Wat sou jy doen?”

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R109.00 Add to basket
Good Morning and Namaste

Author: Leana Taylor

 

Laura is a naïve young girl who has grown up in difficult circumstances in a poor town. She has to fend for herself most of the time as her mother works away from home and is only home every third weekend.

Struggling through the trials and tribulations of puberty, this overweight teenager meets Suzelle, a young woman who has also travelled a similar path to Laura, and who becomes her best friend.

The camaraderie between them leads to Laura undertaking a journey halfway across the world. A journey that she would never have considered, not even in her wildest dreams and fantasies. A journey that takes her from Springtown to the exotic, mysterious and sometimes dangerous streets of Mumbai.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R129.00 Add to basket
Paradigma

Skrywer: Rina Fritz Visagie

 

Toe Santie Vermeulen Kaap toe is vir ’n kongres, het sy nie verwag dat haar lewe op sy kop gekeer gaan word nie. Sy is nog op skool, maar het haarself as besonder oopkop beskou oor die nuwe situasie in Suid-Afrika – tot haar konfrontasie met die werklikheid.

Denzil, Tsebong en Nikk. Die drie seuns wat elk ’n rol speel in die verandering wat sy ervaar, en haar noodgedwonge ’n skuif laat maak in haar siening oor dit wat sy as belangrik beskou.

Dit bring haar nou voor ‘n keuse te staan. Dit het vir haar niks met waardes te doen nie, maar gaan sy die uitgangspunte wat sy in haar ouerhuis geleer het, behou? Of gaan sy ’n pad loop wat hartseer en skeiding tussen familielede bring?

Paradigma is ’n aangrypende verhaal wat afspreel teen die agtergrond van jongmense se belewing van die werklikheid van die Suid-Afrikaanse rasse-situasie, en die werklikheid van jong harte wat nie kleurgrense ken nie.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R129.00 Add to basket
Tanja

Skrywer: Francois Stemmet

 

Liefdesdriehoeke. Familietwis. Desperaatheid.

Tanja Naude het nooit gedink dat sy en Graham Bradley verlief sou raak nie, maar wat sy nog minder verwag het, is dat haar ma, Celia Naude wat so gesteld is op sosiale status, hierdie gesiene dokter sou afkeur as aanstaande skoonseun.

Wat Tanja egter nie weet nie, is dat Celia Naude ’n donker geheim saam met haar dra, en sy sal alles in haar vermoë doen om Tanja se toekoms met Graham Bradley in die wiele te ry.

De Waal, Tanja se broer, is verlief op Sonja, maar sy het net oë vir Graham en sal enigiets doen om haar kloue in hom in te slaan; selfs te konkel met Mevrou Naude …

Tanja soek toevlug op al die verkeerde plekke, en depressie sak oor haar soos ’n donker wolk. Sal sy daaruit kan ontsnap, of gaan haar moeder se gekoesterde wrok haar dogter se lewe ook verwoes?

[btn text="E_BOEK WEERGAWE (R99.00)" tcolor=#FFF thovercolor=#FFF link="http://booksdirectsa.com/product/tanja/" target="_self"]

 

 

[btn text="Contact page for book stores and bulk orders" tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R149.00 Add to basket
Sade van die Noodlot

Skrywer: Louis Verreynne

 

’n Betroubare vriend om mens se rug te beskerm kan gerusstellend wees. Die vertroosting en ondersteuning meegebring deur selfs die beste van vriende kan egter nie vergelyk word met dit wat ’n liefdevolle moeder vir ’n bedorwe seun kan beteken nie.

In die argitektuur van die hart is die kamers van sekuriteit diep geplaas en sterk gebou, maar die knusste en mees beskermde plek in Carl Dickson se hart is die een wat hy met sy moeder gedeel het. Alhoewel sy nou net as ’n geliefde spook leef en ’n soet, drukbesoekte nagedagtenis is, veroorsaak die verlies aan haar teenwoordigheid ’n wrok so versweer, giftig en ongeneesbaar soos kanker van die pankreas self. (DEAN KOONTZ: 2009)

 

[btn text="Contact page for book stores and bulk orders" tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

R179.00 Add to basket
An Airtight Alibi

Author: Pieter van Eeden

 

These twelve stories are all easy to read. Most of them have a bit of a ‘twist in the tail’. Apart from these two facts they have very little in common. A wide spectrum of themes is incorporated. Whilst some of the stories are light hearted reading, others may invoke a bit of melancholy. Some are pure fantasy whilst even a subtly hidden ghost makes its appearance. The title story has extortion and worse crimes as its theme. A step in time is miles removed from anything Stephen Hawking had in mind. Throughout however, the author made a serious effort to provide his readers with enjoyable reading.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

[btn text="Contact page for book stores and bulk orders" tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_self"]
R129.00 Add to basket