As die Skape Blom

Skrywer: Andre Lubbe

Grootfontein is die spogplaas van Ou Petrus Louw.

Een van die vreemdste gebeure in die oorlog speel hom af as die kroonprins van Grootfontein per ongeluk deur sy eie mense doodgeskiet word.

Sy jong seun, Klein Petrus, kom na vore en neem die leisels oor en bou die plaas op tot ʼn baken in hierdie geweste. Grootfontein se witgeskeerde skape blom soggens soos lelies in die veld. Die Louw familie  floreer, maar ‘n tragedie rondom die ma verander die skape in die kleur van bloed.  Deur die worstelstryd van kinders alleen grootmaak verander die skape later in al die kleure as Klein Petrus hom in ʼn ontugtige situasie begewe. Aan die einde van Klein Petrus se lewe staan die skape vaal en ongeskeer teen die rante terwyl die stoet na die begraafplaas beweeg. Dit is egter nie die einde van die kringloop nie. Daar was kinders, klein weeskinders, vier van hulle. Daar is ʼn groot erfporsie en daar is familie.  Mense kan so wreed wees, soms so skelm en so hardvogtig. Weeskinders word uitgelewer aan die aasvoëls van die familie en aan ʼn gemeenskap wat hulle oë sluit vir die onreg op hulle eie voorstoep.

As die skape blom laat jou weer anders kyk na die mense om jou. Andre Lubbe bied hier ʼn lekker-lees-boek aan wat vol humor is maar ook met erns die leser bekendstel aan die ongerymdhede van ons vroeër geslagte. Selfs die bestes onder ons is nie sonder foute nie. By die lees van die boek wil jy soms lag, soms wil jy huil en soms voel jy jy wil iemand verwurg…..

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

R159.00 Add to basket
Verse Sonder Grense

Skrywer:  Loanda van der Bergh

Aanhou  –  uithou  –  opkyk  ……..

Wanneer ek soms wonder praat ek hard ,  wanneer ek soms droom – droom ek diep.

Kry ek seer bloei ek maklik ,  vertrou ek  –  vertrou ek op U HERE.  My toekoms my hede,  U ken my seer en selfs die rede.

Soveel het ek om dankbaar te wees. Drome van gister word die toekoms se vrees,  boeke – gedigte uit die verlede wat ons oor en oor lees.  Here genees my van verwyte van ander asook myself om permanent in my verlede te delf.

Dromer  –  denker  –  glo in my GOD ,  ( moontlik een van sy moeilike kinders).  –  dankbaar vir my bestaan en droom waarheen dit gaan

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R139.00 Add to basket
19 Code of the Alpha & Omega

Author: Anthon von Lisenborgh

Years ago I picked up a Book on a Dump site related to the NAME of GOD and it piqued my interest.Then the Holy Spirit guided me and I was HOOKED on the study and research into the matter of, the NAME. God revealed things to me that is as yet still DEEPLY HIDDEN pertinently related to HIS NAME, and God showed me how the present Churches are preaching in but not REVEALING or GLORIFYING his most Holy NAME and ordered me to reveal it unto the Nations were He can again Return back unto this fold as PROMISED. As ordered, I began to study other religions and this assisted me in removing the Chrysalis to see the LIGHT of the Son, in the Name from which all is. Then it was shown to me that ALL religions have been given this TRUTH, as the LOWEST COMMON DENOMINATOR or LCD, that I now reveal here, but academics still DENY and Spit upon His Name, even within Judaism, Islam, and in Christianity also.   Then in 1974 a Muslim Engineer, Dr Rashad Khalifa,  when translating the Quran, discovered the SOLOMONIC SECRET of the Name given us 3000 years ago by Solomon encoded in Bismillah, to the Queen of Sheba in 1Kings 10:13 and sura 27:30,  on his computer and was KILLED to prevent this CODE being revealed, on 31:01:1990.  Even though he did not understand the CODE and could not decipher it in the Bismillah.  It was GIVEN unto me to decode this 3000 year old CODE in the 19, in the Old and New Testament and the Quran, and that is why it is now revealed in this work that will one day become a world FIRST in academia and all CHURCHES even though nothing is ever NEW,  for Phil 2:9 to be in fulfillment as also sura 68:42. 

It is written. 

Sela 999.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R249.00 Add to basket
Die Onskuldiges

Skrywer: Maans Nel

Lukas Steenkamp is ʼn derdejaar student op Stellenbosch in die sewentiger jare. Sy uitnodiging en bywoning van ʼn liberale gespreksgroep verander sy lewe ingrypend. Hy kry ʼn besoek van die veiligheidspolisie met die versoek dat hy as hulle informant by die groep moet optree. Dit plaas hom in ʼn morele dilemma. Hy kom ook agter dat besluite oor hom geneem is waarvan hy niks weet nie. Hy weier die versoek. Toe begin die intimidasie wat oorgaan tot geweld ook teen sy familie. Dit neem hom op ʼn pad van wraak en vergelding wat hom uiteindelik laat met ʼn moegheid en alleenheid wat sy jeug weerspreek.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R179.00 Add to basket
Die Wynskool

Skrywer: Jan Fonternel

 

Piet Gouws was ’n vermoënde en aantreklike man en afkomstig uit ’n vooraanstaande familie. Maar hy het ongelukkig ’n ingebore geneigdheid gehad tot alkoholisme. Dit het die vorm aangeneem van ’n gesiglose monster wat sy hele lewe ingeneem en beheer het. Gedurende sy lewensreis, met alkoholisme as sy reisgenoot, ervaar hy ’n voortdurende stryd om oorlewing en ontmoet en beleef hy heelwat karakters wat sy lewe of verryk of versuur. Tydens sy verhoudings met hulle bly hy egter noodgedwonge altyd ’n toeskouer en ’n enkeling…

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]

 

R169.00 Add to basket
Harlaboerla

Skrywer: Coen Brink

 

‘n Gastroenteroloog, Professor Mo van Wyk, het ‘n nuwe teorie oor die oorsaak van hartaanvalle. As gasspreker by die afsluitingsvergadering van die Tuisteskepper en Kunsvereniging noem hy dit terloops. Dit word sonder sy medewete sensasioneel gepubliseer in Oggendblad. Die teorie maak opslae in die media, plaaslik en internasionaal, en het ‘n mieliemanie tot gevolg. Die skugter Mo van Wyk probeer vlug vir die media, maar kom spoedig agter hy moet vlug vir sy lewe. In die verwarring ontwikkel ‘n liefdesverhouding tussen hom en die joernalis, Lise de Kock en word sy ingesuig in sy oorlewingstryd. Hy ontmoet ‘n Amerikaner, Grant Fox, wat die regte op sy verhaal wil koop en hy verduidelik die wetenskaplike basis van sy teorie aan hom. Mo van Wyk is egter ook ‘n natuurmens. Sy kennis van die natuur help hom nie net om fisies, maar ook sielkundig te oorleef in die hedendaagse Suid-Afrika met sy misdaad, slaggate en korrupsie en ongelooflike natuurerfenis.

 

[btn text="Wholesalers and book stores press here..." tcolor=#FFF bcolor=#444 thovercolor=#FF0000 link="http://booksdirectsa.com/?p=402" target="_blank"]
R179.00 Add to basket